Marisa Burger

Hierdie besondere 36-jarige vrou het in 1998 in 'n motorongeluk tussen Ladismith en Riversdal baie seergekry. Weens ernstige beserings is sy 'n kwadrupleeg en woon tans in Huis Wallace Anderson op Riversdal. Voor die ongeluk was sy verantwoordelik vir die finansiële administrasie van Hoërskool Calitzdorp, waar sy as 'n kranige sportvrou ook sport afgerig het. Wat van Marisa so 'n besondere mens maak is die feit dat hierdie terugslag in haar lewe nie haar gees of moed gebreek het nie.

 Sy neem verantwoordelikheid vir die huishouding en kombuis van Huis Wallace, en is ook betrokke by fondsinsamelingsprojekte. Mense naby aan haar sê: daar is altyd 'n glimlag op haar gesig
Marisa het al twee half-maratons met haar "hand-cycle" voltooi en ook al 'n paar korter afstande gery. Sy sou graag meer sport wou beoefen maar het nie die volle gebruik van haar hande nie.
Haar grootste wens is dat sy net meer selfstandig - dinge vir haarself - kan doen.


Marisa jy is vir my 'n rolmodel na wie ek opkyk - jou deursettingsvermoë is vir my 'n aansporing wat my inspireer om my soms moeilike omstandighede met 'n glimlag aan te pak. Dankie vir jou voorbeeld dit is 'n voorreg om jou te ken.