Marie van der Berg

So baie keer kry jy vroue wat maar ten spyte van hulle moeilike omstandighede - net in die stilligheid - hulle ding doen en dit oorkom - want hulle moet - wat anders....... Niemand sê vir hulle "Mooi so getroue vrou" nie. Toe ek vir Marie van der Berg vra om haar erkenning te kom haal het sy haar hande in haar gesig verberg en gehuil so groot soos sy is. Ek het haar maar net syf vasgehou en die jare se pyn in haar lyf gevoel. Wat 'n kosbare diamant - sterk ru en blink soos lig! As enkelvrou het sy 4 kinders alleen versorg en twee pleegkinders van haar broer op Uitenhaag. Om te oorleef en almal aan die lewe te hou - het sy 'n speel-skooltjie begin in die gemeenskap wat die gemeenskap letterlik dinamies bedien. Woensdae is sy in beheer van 'n sopkombuis wat so tussen 50 en 70 mense kosgee. In die kerkgemeenskap staan haar hande vir niks verkeerd nie. Marie jy is vir ons almal iemand wat soveel respek afdwing omdat menswees mens nie onaangeraak laat nie. Dankie vir jou uithouvermoê van die lewe!