Marie Crafford

Marie is Matrone by die huis vir bejaardes op Upington -'n ware steunpilaar. So in die stilligheid, met baie integriteit en ook opoffering doen sy haar werk. Sy lewer 'n onmisbare bydrae om alles glad te laat verloop - of om net "daar te wees".

Dit was vir Marie 'n groot skok toe haar man skielik oorlede is aan 'n hartaanval, en selfs nie hierdie groot verlies het Marie nie gekeer om haar pligte as Matrone na te kom nie. Binne 'n kort tydjie, was sy weer op haar pos. Ek is seker dat dit haar onvoorwaardelike gee is wat haar so geliefd en onmisbaar maak. Marie - jy leef 'n voorbeeld.

Ek vertrou dat hierdie erkenning jou sal herinner hoe kosbaar jou bydrae vir die gemeenskap is.