Hierdie besondere vrou se storie was tot onlangs aan baie min mense bekend. Op die jong ouderdom van 14 was Lizandi gediagnoseer met borskanker. Hierdie was die jongste aangemelde geval in Suid Afrika, en weens die uniekheid van die situasie moes haar dokter, professor Falkson, eers heelwat navorsing doen, oor die mees gepaste behandelingsopsie.
Daar was besluit teen bestraling en chemoterapie, weens haar jong ouderdom, maar eerder op 'n radikale mastektomie! Soos wat 'n mens seker kan verwag was hierdie ervaring, veral as skooldogter, baie traumaties. Lizandi moes ook gereeld vir opvolg ondersoeke en bloedtoetse gaan. Sy het ook 'n lang pad gestap met prostese en rekonstruksie totdat sy haar finale prostese kon behou. Lizandi se kanker het haar egter nie ondergekry nie, maar dit het haar eerder sterker gemaak.
Op die dag toe ek so bevoorreg was om vir Lizandi erkenning te kon gee, het ek met haar ouers gesels. Albei het met trane in hulle oë getuig van haar veggees en besondere karakter.
Haar ervaring het haar op 'n pad gesit waar sy vandag die hoof is het van 'n patologie-laboratorium.
Vandag is sy op 30 jaar gelukkig getroud en boonop nog swanger ook....
Lizandi - jy is vir ons 'n voorbeeld! Dankie dat ek jou storie kan vertel, en dat jy bereid is om daardeur soveel mense te inspireer. Ek salueer jou!