Hierdie baie besondere ma het met baie geloof en vertroue vasgehou aan "geloof is 'n vaste vertroue van die dinge wat ons hoop maar wat ons nie kan sien nie". Haar stille vertroue en vrede het haar gesin deur 'n baie traumatiese tyd gedra. Haar dogter Tanya was op 1 Desmber 2007 in 'n baie ernstige bootongeluk. Toe ek die foto van haar sien wat geneem is net na die ongeluk was sy onherkenbaar en haar gelaat misvorm. Sy het geweldige hoofbeserings opgedoen en die dokters was bekommerd dat sy haar oog kon verloor en daar was sprake van breinbeserings. Letitia het twee weke lank by haar gesit in die waak-eenheid van die hospitaal en haar nie vir een oomblik alleen gelaat nie en gebid. Sy het nie toe daar twyfel was vir een oomblik getwyfel nie - of dan het sy dit nooit laat deurskemer nie - en het net bly moedhou en volkome bly vertrou. Nou na 8 maande kan mens net verwonderd staan oor die bonatuurlike vordering en genesing en die groot werk wat die Here gedoen het en die wonderlike herstel wat Tanya geniet. Letitia jy is vir ons 'n voorbeeld van vasstaan en jou uithouvermoƫ en geloof 'n inspirasie