Hierdie baie besondere dametjie is op 17 Mei 1984 gebore en is op 3-jarige ouderdom gediagnoseer met spierdistrofie. Sy het 'n baie normale lewe gelei behalwe dat sy nie kon hardloop, trappe klim of vinnig, en vér loop nie. Sy kon nie aan skoolaktiwiteite deelneem nie maar het altyd baie maats gehad. Toe sy in standered 5 opgeneem word vir longontsteking in die hospitaal - was dit ernstig en vir lank was sy op masjiene in ICU - haar longe het ingegee. Sedertdien is sy permanent aan 'n ventilator gekoppel om asem te haal.
Sy was vir drie maande in die hospitaal, maar Leana het besluit dat die lewe haar nie sal onderkry nie. Met haar ontslag het sy vir haarself 'n sjampanje-ontbyt gereël en vir haar is haar ventilator soos "brildra". Daar is dinge waarmee mens vrede-maak.
Leana en haar sussie Jayci - wie ook met dieselfde siekte gediagnoseer is, het 'n besigheid begin - " Majala" - waar funksies gehou kan word. Sy help met die voorbereiding van die funksies en maak ook die kos by tye.
Kinders is vir haar baie lief - en sy speel so lekker met hulle dat sy soms vergeet dat as haar trachie uittrek en sy langer as 3 sekondes sonder surstof is, dit haar einde kan beteken. Dis nie heeltemal net soos "brildra" nie!!
Soms vergeet 'n mens dat, omdat sy so 'n positiewe uitkyk op die lewe het, en vir ons almal 'n rolmodel is - sy tog elke dag diep in haarself die motivering moet vind om aan te gaan - en daarvoor wil ek vir jou dankie sê vir jou inspirasie en voorbeeld wat jy lewe Leana.....
Jy gee vir my hoop as ek oor my lewensomstandighede moedeloos voel - en dankie daarvoor. Jy is amazing!