Johanna Mostert

Johanna Mostert is ‘n klein slanke vroutjie, en sy het twee kinders wat van kleins af met ‘n ernstige lewersiekte gediagnoseer is. Haar gesin se storie was ook al in die Huisgenoot, maar sy het hierdie hartseer altyd met blymoedigheid gedra en nooit gekla nie want die siekte was so deel van hulle lewe. Na ‘n lang siekbed van lyding is haar pragtige oudste dogter oorlede in 2007.

Onlangs het Johanna verneem dat sy ‘n kwaadaardige gewas deur middel van ‘n operasie moet verwyder en weereens het sy haar berus en die Here vertrou. Deur genade het die dokters alles kon verwyder sodat sy geen verdere behandeling benodig het nie. Ten spyte van al hierdie dinge en ook die onlangse nuus dat haar tweede kind ook baie siek is, en dat die finansiele druk as gevolg van die mediese kostes kwaai is, bly sy die inspirasie en voorbeeld vir ons as vroue, omdat sy bly glo dat daar ‘n doel is en haar vertoue plaas in haar verhouding met haar Hemelse Vader.

Johanna ons eer en salueer jou vir die besondere mens wat jy is.