Die gemeenskap op Stella vertel van 'n vriendin - Marie Morgenrood - wat in 2000 met borskanker gediagnoseer is. Sy het gesond geword en in 2004 word haar man gediagnoseer met kanker.
Sy het saam met hom sy stryd teen die kanker aangepak maar hy is op die 7de Mei 2006 oorlede. Terwyl sy hom versorg het, het haar kanker teruggekeer en is die jaar op die 27ste Mei oorlede.
Sy het haar vier kinders wees agtergelaat - ouderdomme 21, 18, 17 en die jongste 10jaar.
Jeanne - ons dominee-vrou - het al vier hierdie kinders aangeneem as haar eie kinders en maak hulle met net soveel liefde groot as haar eie.
Dit vra 'n bepaalde verantwoordelikheid en 'n "commitment" om so 'n besluit te neem om met wysheid die kinders groot te maak.
Jeanne ons eer jou daarvoor en wil vir jou dankie sĂȘ vir jou liefde en opoffering.