Janice de Jager

Janice de Jager is 45 jaar gelede in Ermelo gebore en het daar skoolgegaan en matrikuleer en daarna ‘n BA graad voltooi en ‘n nagraadse sekretariele kursus voltooi. Sy hou skool en werk daarna by die departement van Buitelandse sake en is daarna vir 9 jaar die PA vir die Direkteur van die Kleinsake Ontwikkelingskorps. Soos julle kan sien is dit ‘n bekwame dame. Na haar egskeiding in 2000 verhuis sy terug na Ermelo . Die afgelope 8 jaar was gekenmerk deur baie emosionele, fisiese en finansiele beproewings en sy het die uitdaging aanvaar om alleen haar twee seuns groot te maak en te sorg vir hulle opvoeding, geestelike verryking en finansiele versorging.
Haar jongste seun is 6 jaar gelede seksueeel gemolesteer by ‘n naskoolsentrum. En haar grootste frustrasie is dat die regstelsel nog steeds nie die skuldige partye tot vergelding gebring het nie.In die tyd het sy 11 ander kinders en hulle gesinne bygestaan wat ook slagoffers was van dieselfde molesteerders.

Sy het deernis en empatie ontwikkel vir kinders in nood en het die voorreg gehad om betrokke te raak by die Kindersorgvereniging om ‘n verskil te kon maak in kinders se lewens al was dit net op ‘n baie klein wyse.
In 2005 is sy met skildklierkanker gediagnoseer en die skok was groot.

Haar lewensles hieruit het sy geleer dat "life is short , life is sweet" gister is verby more is onbekend, dit is vandag wat saakmaak.

Onlangs het sy byna twee keer haar lewe verloor agv die nalatigheid van ‘n ginekoloog.Die ondersteuningsnetwerk van haar ouers, familie en vriende, ‘n goeie humorsin ‘n positiewe gesindheid en die wil om te oorleef het haar deurgetrek.

Wonderwerke gebeur elke dag - niks is onmoontlik by die Here nie - dis jou besluit of jy dit wil vat en glo en lat maak werk.

Nadat ek vir haar die erkenning gegee het , druk sy iets in my hand oor sukses wat ek in my handsak dra - en dit som haar op " Succes is to laugh much and often - and to know even one life has breathed easier because you have lived."

Dankie Janice vir jou voorbeeld as mens!