Linda Doyer het die stryd teen kanker voltooi deurdat sy moedig gestry het sedert 1998.
Sy is Maandag die 14de Desember na haar ewige woning waar sy by haar Hemelse Vader rus kan vind. Sy laat vier kinders en 'n eggenote agter vir wie dit baie moeilik gaan wees want haar ongelooflike menswees sal 'n groot gemis wees vir elkeen.
Dit was vir my 'n ongelooflike voorreg om haar storie te kon deel, onder die vroue wie ek erkenning kon gee op my webwerf. Sy het nie alleen die lewe oorkom nie maar haar lewe was gevul met soveel kosbare woorde van wysheid.
Vir Linda het haar geloof dinge in perspektief geplaas: "When all is said and done - we are just passing through and the best is yet to come".
Aan haar man en haar kinders en haar geliefdes wil ek my teerste simpatie oordra en vertrou dat die Here sal vertroos soos net Hy sal kan.
Mag julle werklik die vrede van Christus ervaar in hierdie tyd......
Dit was 'n voorreg vir my om Linda net te kon ontmoet - sy was 'n besondere vrou.
Liefde
Sonja