Hettie de Wet

Hettie de Wet & Sonja Herholdt

Ek het vir Hettie gevra om self haar verhaal te vertel. Ek wil egter net noem dat toe ek hierdie besondere vrou ontmoet het, het die stille sterkte in haar oë my getref - 'n wêreld van beleef wat ek nie eers kan begin verstaan nie.

Daar is 'n skrif in die bybel in 1 Tim 2 vers 7: "Die Here het nie vir ons 'n gees van vrees gegee nie, maar 'n gees van liefde, krag en selfbeheersing". Dit is wat ek by Hettie ervaar het, dit straal uit haar wese. Sy is 'n finominale mens wat jou laat stilstaan . . en laat dink. . .

Sy vertel self vir ons:

My naam is Hettie de Wet en ek is 'n Wiskunde-onderwyseres by Hoërskool Aliwal Noord. Ek kry RUMATOïEDE ARTRITIS OP JEUGDIGE OUDERDOM VAN 22. (Rumatoïede artritis is ‘n outo-immuun siekte wat die liggaam aanval en geen genade aan gewrigte betoon nie - dit vernietig gewrigte aan voete, enkels, knieë, heupe, rug, skouers, elmboë, ribbetjies, polse, hande, kakebeen. . .

22 JAAR LATER SKRYF EK:

HUMPTY DUMPTY SAT ON A WALL
HUMPTY DUMPTY HAD A GREAT FALL
ALL THE KING'S HORSES AND ALL THE KING'S MEN
COULDN'T PUT HUMPTY TOGETHER AGAIN

Hoe baie kere het ek gewens spesialiste kan my onder narkose weer heelmaak!

Ek dra my seer aan my liggaam, baie ander dra hulle seer binne rond.

Ander mense KYK en KYK en KYK - jy wil op hulle skree: "WAT KYK JY?"

Met die tyd besef jy, jy is soos iets wat die skilder op sy doek wil beklemtoon.
Eers HAAT jy dit en later probeer jy om dit te gebruik tot eer van die EEN wat binne-in jou bly.

Hoe ek hierdie aandag hanteer, dra by tot die verhouding tussen normale mense en alle ander mense met ‘n gebrek. (wat ‘n verantwoordelikheid!)

Met baie drome en planne het ek my studies aan UOVS klaargemaak. Tydens my laaste jaar se finale eksamen is ek met rumatoïede artritis gediagnoseer. Met seer geswolle gewrigte en ‘n baie moeë lyf het ek die kampus na die eksamen verlaat.

Die besoeke aan spesialiste het begin.

In stille verslaentheid het ek na God geroep!

Die mooiste woorde na ‘n tyd van groot verwarring was dié van die rumatoloog:

JOU LEWE HET NIE OPGEHOU NIE!!!

Maak ‘n paar - ‘n hele paar - aanpassings, bestuur hierdie siekte en LEEF!!! (frustrasievlakke was hoog in hierdie tyd van alles wat ek nie meer kon doen nie)

AANVAAR jy het nie dieselfde energievlakke as ander nie en ken jou grense. Oorskry hierdie grense en jy bars - fisies & emosioneel!  Nie eers spanspek & vanielje-roomys help dan nie! (dis my trooskos) Die rumatoloog het ek baie dikwels by ‘n kliniek in Kaapstad gesien. Die gewag was een groot sielestryd - jy sien hoe ander artritislyers lyk en jy wonder: is dit hoe ek later gaan lyk?

Jou noodkreet: Here, asb net nie ‘n rolstoel nie!!!

Jy sien magteloos toe, hoe jou liggaam met die tyd afgetakel word.

Jy onthou: 10% wat met jou gebeur en 90% hoe jy dit hanteer.

Dis net jou dop, dit gaan oor hoe jy aan die binnekant is. Jy trek aan, kyk in die spieël en trek dan jou skoene (outannie-skoene) aan en vermy verder alle spieëls!!!

Nog voor ek siek geword het, het ek eendag ‘n visioen gehad:

Ek het op ‘n teerpad geloop en daar het ‘n baie groot reus dwarsoor die pad gelê -
die hele pad versper. Anderkant die reus het ‘n lig geskyn en die lig het net al hoe sterker geword hoe verder ek gekyk het.

‘n Paar jaar later het ek ‘n soortgelyke ervaring gehad, maar die reus was nou ‘n blikmannetjie.

Sou ek hierdie pad vir myself gekies het? Duisend maal NEE.

Wat God vir my in gedagte gehad het, is VER bokant my begrip.

Ek het gekies om my ou naam MUCH-AFRAID in te ruil vir ‘n nuwe naam:
ACCEPTANCE -WITH -JOY.

Ek sluit af met die woorde van Ann Kiemel uit haar boek "I LOVE THE WORD IMPOSSIBLE":

(my gebed van die afgelope 22 jaar in my stryd teen hierdie siekte)


I,
AN ORDINARY WOMAN,

CAN BE SOMETHING
SPECIAL AND SIGNIFICANT

IN AN ENORMOUS HURTING WORLD.

I CAN BE LOVE WHERE I LIVE,

AND THAT IS CHRIST........

AND HE REALLY DOES MAKE
ALL THE DIFFERENCE!!!


Dankie aan elkeen van my familie, vriende, kollegas, skoliere en oud-skoliere wat my aanvaar soos ek is en my help om die dinge te doen waarvan ek hou, My so normaal as moontlik behandel en my laat vergeet ek makeer iets.

Dankie Here vir so baie binne-pret en humor en dat ek eienskappe van U kan ken wat vir my andersins verborge sou bly!!!