Hierdie besondere vrou en haar seun moes jare lank haar man se fisiese en emmosionele mishandeling verduur agv sy drankprobleem. Hy het toe weens depressie, uiteindelik selfmoord gepleeg. Al hierdie trauma het veroorsaak dat Hendriena se seun ernstige leerprobleme ontwikkel het.
Die besonderse ma wat sy is het sy hom bygestaan en ondersteun in alle opsigte. Sy moes oorbegin en vir hulle 'n nuwe lewe begin bou. Na vyf jaar van vasbyt en deurdruk is sy weer gelukkig getroud. Hendriena werk by die Nasorg en almal is lief vir haar omdat sy met opregtheid, eerlikheid en integriteit haar lewe leef, as 'n inspirasie vir almal! Wat 'n voorreg om haar te ken!!