Elsje Neethling

Elsje se wakker oë en vrolike geaardheid val jou eerste op en wanneer jy hierdie 26-jarige jong dame ontmoet en as jy dan haar lewenspad leer ken, kan jy net bewonderend terugstaan en kyk na iemand met 'n ongeskende siel, ondanks al die beproewinge.

Ek het haar ontmoet deur die eer te kon hê om aan haar erkenning te kon gee vir die besondere persoon wie sy is.
Sy het net 'n onverbete veggees om met passie voort te leef.
Haar broer Ryk Neethling sê: "Wanneer ek dink dinge in my lewe loop sleg, dink ek aan my sussie - hoe sy haar teenspoed hanteer het."

Sy is 'n ware champ! Sy het eenvoudig onverskrokke en met passie voortgeleef"

Op 13 Jaar is Elsje gediagnoseer met 'n aggressiewe tumor in haar brein.
Deur universele ingryping was die operasie egter 'n sukses. Wat sy oorgehou het is versteurde visie - 'n klein prysie om te betaal in konteks van die lewe self.
Daarna was die chemo 'n nagmêrrie - want om as tiener al jou hare te verloor en kortisoon wat jou lyf mismaak - is nie maklik nie.
Haar maats was baie lief vir haar en het haar ondersteun maar die ongenaakbaarheid van mense wat jou aanstaar op 'n baie sensitiewe ouderdom van jou lewe, vat guts om te hanteer.... en sy het haar tienerlewe omgeveg.... en oorwin en op 17 was sy skoon.
Sy swem toe sommer die Midmar myl en behaal 7de plek!

Sy wou graag die nagmêrrie vergeet - maar na 9 Jaar was die kanker terug en hierdie keer 'n heel anderste kanker wat ongewoon is - in haar rug.
Elsje wat 'n joernalis van beroep is, het haar storie in 'n strokiesinkleurboek neergepen - 'n riller in 'n feetjieboek.

'n Kragonderbreking verhoed 'n operasie maar dis ook so bestem - want twee dae later spoor toetse infeksie in haar blaas op wat indien hulle sou opereer het, sy septisisme sou kry en dit moontlik noodlottig sou wees.
Toe sy weer geopereer word, besluit die chirurge om nie te opereer nie, en te wag en om eers weer patologiese toetse te doen om seker te maak met watter soort kanker hulle te doen het.....

Toe hulle die 3de keer probeer opereer en sien hoe die tumor met bloeddorstige tentakels om die senuwees in haar laerug vasklou - een van die redes hoekom hulle die vorige keer nie geopereer het nie - gebeur 'n wonderwerk.
Die gemorsselle lig heeltemal te maklik van die senuwees af, asof net losweg daarom gepak - een vir een losgebid. Haar lewe was nog 'n keer gered.

Sy kon voortgaan om haar troue te beplan en trou op lentedag met haar beste maat, Bruce Blair.
Sy het geleer om te fokus op die lewe sy het.
Sy bêre niks meer nie en dra al die klere in haar kas en drink elke dag uit haar spesiale koppies uit.
Sy is tog nou moeg getoets maar ten spyt sien mens hoe maklik sy lag.
Diep uit haar wese skyn 'n helder lig wat die stroefhied wegbrand uit haar helder oë.
Sy kom sterk oor maar sy is enitlik broos en sag.
Dit wat ander mense verhard, laat haar nog steeds voel ........ en daar is 'n kinderlikheid wat ek in haar optel - 'n naiewiteit - wat kosbaar is.

"In seerkry is almal gelyk. Haar simpatie is opreg en sy sou graag mense wou inspireer met die wysheid om te weet dat elke sterfling sy eie lewenslesse het.
Geen mens kan werklik vir 'n ander een iets leer nie. Dis elke siel se eie werk."

In Meimaand verlede jaar het sy weer baie pyn verduur en toe sien die dokter na 'n MR 'n gewas op haar rugmurg.
Hy is baie negatief en berei haar voor dat hy die keer nie die gewas kan verwyder sonder dat daar skade sal wees nie.

Maar sy glo weer onverskrokke voort en hy opereer - en toe hulle opereer vind hulle dat die gewas verdwyn het. Nog 'n wonderwerk?
Daar is egter naby haar stuitjie 'n klomp klein gewassies. Sy is 6 weke bestraal en na 3 weke is die goeie nuus - dat sy nou skoon is.

Mens kan amper sê dat Elsje geleer het om in die paradoks te lewe en elke dag te gryp en ten volle te leef in die geloof.
Sy het nou onlangs vir my laat weet dat sy by 'n kankerbyeenkoms die gehoor toegespreek het sonder om eers bang te wees.

Elsje! Jy lewe die lewe vreesloos voort - of dit wil so voorkom - en daaroor is jy hier vir ons - om ons hoop te gee en te inspireer....DANKIE!