Christel het a.g.v motorongeluk die gebruik van haar bene verloor. Sy het uit die voertuig geval en haar werwels het "ontplof", was die dokter se beskrywing. Sonder ‘n operasie sou sy nie eers regop kon sit nie. Sy het ‘n harde stamp teen die kop gekry wat veroorsaak het dat haar geheue aangetas is en een oog skeel getrek het en sy dubbelvisie gehad het en gelukkig kon dit met ‘n operasie reggestel word.
Sy was lank in ‘n rehabilitasie sentrum naby Klerksdorp om van voor af te leer om alles vir haarself te doen en om met haar nuwe omstandighede oor die weg te kom. Dit was ‘n moeilike tyd in haar lewe omdat haar pa twee dae voor die ongeluk aan ‘n hartaanval oorlede is. Sy kon nie eers die begrafnis bywoon nie omdat sy in die intesiewe eenheid van die hospitaal gele het.
Tans studeer sy sielkunde deur Unisa en wil graag in Trauma spesialiseer om mense met traumatiese ervaringe soos wat sy gehad het te kan help omdat sy verstaan en empatie het.
Christel jy is ‘n rolmodel en dankie vir jou mooi glimlag wat die wereld om jou ophelder net deur na jou te kyk. Dit was vir my ‘n besondere voorreg om jou te kon ontmoet.