Baie keer gebeur die lewe met ons sonder dat ons dit vra en tog het ons altyd keuses. En dis nie so maklik om altyd die regte keuse te maak nie, veral as ons vasgevang raak in situasies wat besluite baie kompleks maak. Dis maklik om aan die buitekant te staan en oor iemand se lewe 'n opinie te lewer want jy weet mos nie waar daardie persoon dalk al was nie.
Soms voel dit vir my of die lewe jou op een spesifieke plek beetkry - en nie wil laat los nie - en waar jy elke keer moet vasstaan om te oorwin!
Dis vir my soos in die geval van Ardél se lewe.
Sy het in haar veertigs onbeplan swanger geraak en gehoop dis 'n dogtertjie.
Soos die ongeluk dit wil hê het haar ginekoloog eers op 28 weke 'n amniosintese toets gedoen en uitgevind dat haar dogtertjie baie erg gestremd en positief Down sindroom is.
Ardél was verslae en 'n wonderlike vrou Dr Elna Loock het hulle gehelp met die regte besluit.
Sy het al die positiewe en negatiewe aspekte uitgewys van die lewe saam met 'n Downs kind en aangeraai dat hulle die baba na die abortering sien en vashou en so van hom afskeid neem.
Na 'n goeie ingeligte besluit het Ardél en haar man hulle gestremde kind laat aborteer.
Ardél het daarna nog twee Downs sindroom miskrame beleef wat vir haar traumaties was.
Ten spyte van al die seer en teleurstelling het die Here vir hulle daarna 'n normale gesonde seuntjie laat gebore word waarvooor hulle so dankbaar is. 'n Geskenk uit Sy hart.
Dankie Ardél vir jou verhaal van inspirasie wat ons almal hoop gee.