Annemarie Coetzee

In Oktober 2008 het ek 'n besondere vrou ontmoet by Laerskool President in Klerksdorp. Sy is in haar middel veertigs en ek deel graag haar storie.

Annemarie was agt jaar lank getroud met haar man, wat vir die polisie gewerk het. Die hartseer is dat hy naderhand 'n alkoholis geword het, want na werk het hy begin drink. Dan het hy haar verbaal mishandel. . .

Toe hy haar eenkeer probeer slaan het, het sy die sterkte in haarself kon vind om net nie daarvoor te staan nie - en sy het hom geskei. Min vroue in daardie situasie kry reg om daardie kwalitieitbesluit te neem. Hy het homself toe later ook doodgedrink.

Sy het haar twee dogters sonder enige onderhoud of ondersteuning toe hulle nog getroud was grootgemaak. Hulle is pragtige kinders - aan haar liefde en toewyding te danke. Ons kinders is maar wie en hoe ons is as ouers.

Sy het in 2006 'n trauma hanteer toe sy gediagnoseer is met borskanker. Aanvanklik sou hulle net die knop verwyder maar later moes sy 'n mastektomie ondergaan en weereens soos al die krisisse in haar lewe het sy hierdie een ook oorkom. Sy sĂȘ dis nie menslik moontlik om sonder die Here die traumas van die lewe te oorkom nie. Ek stem saam Annemarie. Jy is 'n sterk vrou en 'n voorbeeld vir my en vroue in die algemeen.
Dankie vir jou inspirasie!