Annatjie Heyns

Annatjie was vir 17 jaar getroud met n man wat aan erge depressie gely het. Sy en haar enigste seun het heeltyd in angs geleef omdat hulle vermoed het dat hy homself dalk een of ander tyd skade gaan aandoen.
Hy het hulle albei weggestoot en haar lewe saam met hom was baie eensaam en spanningsvol omdat hy homself heeltemal van alles en almal onttrek het. Ongeveer 2 jaar gelede het haar grootste vrees waar geword toe hy homself geskiet het. Agv die selfmoord het geen van sy polisse uitbetaal nie en so moes Annatjie weer finansieƫl oorbegin. T
en spyte van die terugslae is Annatjie se positiwiteit aansteeklik, dankie Annatjie jy is vir my 'n inspirasie!