"Die lewe is dit wat met jou gebeur, terwyl jy ander planne maak" noem ek in my biografie. Die volgende beeldskone, pragtige jong dametjie se storie laat my aan die stelling dink - en die manier hoe sy haar omstandighede hanteer maak van haar so 'n fenominale vrou. Gedurende 2002 as 'n tweedejaar verpleegkunde student, beland sy in 'n motorongeluk met ernstige gevolge.
Sy was vir lank in die Southern Cross Hospitaal. Tydens haar rehabilitasie proses het sy geleer om onafhanklik te wees en haarself te versorg. Die Vryburgers het die koste gedra om haar motor so aan te pas dat sy self kan bestuur.
Sy werk tans by Petro SA op Mosselbaai.
Annelien het gekies om haar omstandighede met 'n positiewe gesindheid te hanteer. Juis hieroor is sy vir my so 'n inspirasie! Sy glo dat sy eendag weer gaan loop, en dat niks in haar pad staan om haar drome te bereik. Haar deursettingsvermoe is aansteeklik!
As stokperdjie doen sy mosaiek-kunswerke.
Annalien jou lewe is soos mosaieksteentjies wat jy lĂȘ in die kunswerk van jou lewe. Dankie vir jou voorbeeld!