Anna-Mart Steyn

Anna-Mart is 'n baie besondere vrou en vir my is sy 'n groot inspirasie want sy laat net nie toe dat die lewe haar onderkry nie. Ek dink dat dit haar sin vir humor is wat haar dra - altyd 'n grappie en 'n glimlag!


Na haar troue het sy mettertyd agtergekom dat haar man 'n alkoholis is. Alhoemeer moes sy die verantwoordelikheid vir die gesin neem, en toe haar dogtertjie 7 jaar oud was het sy besluit om te skei. In hierdie tyd het sy 3 werke behartig om haarself en haar twee kinders aan die lewe te hou. Sy het die kuns van melktert-bak vervolmaak. Anna-Mart se positiwiteit het die regte mense na haar toe aangetrek, mense wat gehelp het om haar las ligter te maak en haar ondersteun het sodat sy weer kon opstaan.

Sy is al die afgelope 23 jaar betrokke by Avroy Shlain en een van die voorste area-bestuurders. Sy help gereeld ander vroue en bied hulle geleenthede om uit hulle omstandighede op te staan en te oorwin.
Baie dankie Anna-Mart vir die voorbeeld wat jy leef!