Recognition: 2012

Christine Janse van Rensburg

Ek het erkenning gegee aan 'n vrou wat deur dik en dun by haar man gestaan het, en as jy haar storie lees sal jy net weer die ongelooflike deernis, deursettingsvermoë en liefde van 'n vrou raaklees.

Haar positiewe gees wat sy uitdra, toe ek haar die oggend ontmoet, het my opgeval. Maar dit bly 'n keuse.....

Christine I salute you!

Dankie dat jy jou hart oopgemaak het en met ons deel.....

 

Petro Steenkamp

Sonja Herholdt & Petro Steenkamp

Tannie Petro en oom Daan was getroud en het 2 seuns uit die huwelik. Die gesin het hul eie vervoer besigheid gehad wat koring, mielies ens, vervoer het.

Tannie Petro is 'n hardwerkende vrou en het vir niks agteruitgestaan nie en het self ook partykeer die groot trokke bestuur. .  .