Erkenning: 2009

Jacqui Kuhn

Gewoonlik as ek 'n program aanbied is ek 'n paar uur voor die tyd by die lokaal omdat dit 'n hele rukkie neem om die tegniese infrakstruktuur reg te kry sodat ek my beste kan lewer.

Terwyl ons besig was het 'n dame haar tafel gedek vir die geleentheid. Die vrou het my opgeval as sterk en in beheer, en dat sy presies weet wat sy wil hĂȘ. . Ek vind toe uit dat sy die dame is vir wie ek erkenning gaan gee - en toe verstaan ek....

Sy is 'n fenominale vrou en sy het 'n verhaal wat sy self gaan vertel omdat ek gedink het sy sal dit die heel beste kan vertel. So hier is haar storie.

Annemarie Coetzee

In Oktober 2008 het ek 'n besondere vrou ontmoet by Laerskool President in Klerksdorp. Sy is in haar middel veertigs en ek deel graag haar storie. Annemarie was agt jaar lank getroud met haar man, wat vir die polisie gewerk het. Die hartseer is dat hy naderhand 'n alkoholis geword het, want na werk het hy begin drink. Dan het hy haar verbaal mishandel. . .

Jeanne Vermaak

Die gemeenskap op Stella vertel van 'n vriendin - Marie Morgenrood - wat in 2000 met borskanker gediagnoseer is. Sy het gesond geword en in 2004 word haar man gediagnoseer met kanker.
Sy het saam met hom sy stryd teen die kanker aangepak maar hy is op die 7de Mei 2006 oorlede. . .

Elsabe Moolman

Elsabe vertel self vir ons haar aangrypende verhaal. . .

Op 29 September 1984 is ons as gesin vrolik en opgewonde oppad na Pretoria toe om vir Ouma en die familie te gaan kuier.
Ons ry met twee motors en ek ry voor en skielik merk ek 'n wit Golf wat reg op my afpeil - 'n grusame ongeluk gebeur...
Ek het die vreeslike gedagte besef - my man en twee kinders is dood! My jongste het begin skree en ek het haar self uit die kar uitgehaal toe die mense begin drom. . .