Ek was bevoorreg om aan 'n stil sterk vrou in die gemeenskap van Pierre van Ryneveld in Pretoria, erkenning te gee vir die manier wat sy haar lewe en haar mense om haar met soveel grasie hanteer, ondersteun en dra.
As 'n mens jou sielsgenoot verloor, soos sy, is dit seker een van die moeilikste lesse wat mens dan moet leer - om alleen te kan aangaan.
Hoe sy haar pad stap is vir my en almal 'n inspirasie.
Dankie Louise vir jou voorbeeld.