Wat kan ek sê van hierdie vrou..... Toe ek haar ontmoet het die aand in Malalane, toe besef ek dat sy het 'n deursettingsvermoë, 'n "tenasity" en 'n uithouvermoë, wat verstommend is. Haar positiwiteit en vriendelikheid is aansteeklik - maar hier is haar storie. Sy het haar eie tuindienste en is getroud, maar finansieël is dit maar 'n oorlewing vir hulle as 'n gesin. Sy het twee seuntjies waarvan een 'n gehoorprobleem het. Sy self, vertel sy my, is doof in die een oor.