Produkte

Gratis aflewering(slegs na 'n posadres) vir bestellings onder 1 KG in Suid Afrika. (Pryse sluit BTW uit)
Ons aanvaar direkte betalings / deposito's sowel as Visa & Master kredietkaarte.

  


Sonja en Tjokker sing kinderliedjies - DVD

R110.00

Sonja en Tjokker sing kinderliedjies - DVD
(Vrygestel Desember 2012)

(Kliek op die foto of die titel vir meer inligting)

DVD looptyd - 63 min
Taal - Afrikaans

Hierdie is 'n DVD wat bestaan uit 24 meestal nuwe oorspronklike kinderliedjies, vir ouderdom kleuter tot +/-10 jaar oud. Die DVD sluit twee nuwe liedjies in wat nie op die cd opgeneem is nie.

Liedjies:

Sonja en Tjokker sing kinderliedjies - CD

R70.00
Sonja en Tjokker sing kinderliedjies

Sonja en Tjokker sing kinderliedjies (Vrygestel April 2012)

(Kliek op die foto of die titel vir meer inligting)

Hierdie is 'n cd wat bestaan uit 22 meestal nuwe oorspronklike kinderliedjies, vir ouderdom kleuter tot +/-10 jaar oud.

1.  Tjokker
2.  Daar's 'n muis in die kombuis (Luister in lede area)
3.  Almal shunt my rond
4.  Eggo-Maatjie
5.  Mammaskool
6.  Koekbak (Luister in lede area)

Pêrels - CD

R110.00
Pêrels

Pêrels (vrygestel Maart 2010)
(Kliek op die foto of die titel vir meer inligting) 

Pêrels is 'n cd wat bestaan uit 9 nuwe liedjies sowel as 'n bonus cd met 18 Sonja Herholdt treffers.

CD1 - Pêrels

DVD & CD Combo

R200.00

DVD & CD Combo
Koop my Voetpad na Vrouwees DVD & my She the Princess CD as 'n Combo en spaar.

Die DVD is 'n lewendige opname van my "VOETPAD NA VROUWEES" musiek en motiveringsprogram en is die gevolg van baie versoeke van reg oor Suid Afrika. Tydens die program deel ek waarhede vanuit my eie lewenservaring en sing liedjies wat help om my boodskap van hoop aan veral vroue te bring.

Rooirok - Simeon (CD)

R100.00

Rooirok - CD
Kunstenaar: Simeon
(Album vrygestel April 2012)

(Kliek op die foto of die titel vir meer inligting)

Hierdie cd bestaan uit 13 snitte - almal oorspronklik en nuut meeste geskryf deur Simeon

1.   Ek dink ek val vir jou
2.   Hier's jy weer - (luister in lede area)
3.   Is sy die regte meisie (duet met Sonja Herholdt) - (luister in lede area)
4.   Nooit vergeet

'n Voetpad na Vrouwees - DVD

R150.00
'n Voetpad na Vrouwees - DVD

Hierdie DVD is 'n lewendige opname van my "VOETPAD NA VROUWEES" musiek en motiveringsprogram en is die gevolg van baie versoeke van reg oor Suid Afrika. Tydens die program deel ek waarhede vanuit my eie lewenservaring en sing liedjies wat help om my boodskap van hoop aan veral vroue te bring.

'n Voetpad na Vrouwees is 'n eerlike openhartige program vol musiek, lewenswaarhede en humor en beloof om 'n aangename ervarig te wees vir almal wat deel word daarvan.

Liedjies:

1. She
2. Jantjie
3. Waterblommetjies

SHE the Princess - CD

R80.00

Hierdie opnames is baie meer as net die musikale klankbaan van my musiekmotiveringsprogram, Die Hartklop van Vrouwees; dis liedjies wat ek spesiaal gekies het as die klankbaan van my lewe - dalk werk hulle vir jou ook.

 Ons het almal 'n klankbaan nodig omdat ons alledaagse lewens vol lag en trane is. Mag hierdie CD jou laat besef dat daar altyd hoop is.

Sonja:Meisie van Nigel – Biografie

R200.00

SONJA: meisie van Nigel is die merkwaardige verhaal van Sonja Herholdt - die meisie wat op Marievale-myn grootgeword het, by die Goudstadse Onderwyskollege in Johannesburg gaan studeer het en in 1975 die Afrikaanse musiektoneel stormgeloop en met haar vrolike, ongekunstelde sangstyl onherroeplik verander het.
Die pers het haar as 'n ‘blonde orkaan' bestempel en as ‘een van die grootste suksesse van alle tye'. Sonja Herholdt was op elke voorblad en op almal se lippe; 'n blink toekoms het op haar gewag.

Reconstructing Alice

R100.00
Reconstructing Alice

Vir die eerste keer sing Sonja oor haar ervaring van verhoudings en die lewe. Die resultaat is ‘n eerlike en somtyds kwaai album. ‘n Moet luister vir almal wat al die bittersoet van die lewe ervaar het. Opgeneem in 2000.

Verhale van Vrouwees - CD

R50.00
Verhale van Vrouwees

Op hierdie CD vertel ek die ware verhale van vier doodgewone Suid Afrikaanse vroue. Ek glo daar is waarde daarin wanneer ons ons stories met mekaar deel. Daarom probeer ek met hierdie CD, as deel van my INCELEBRATION veldtog, om die geleentheid te bied vir vroue om hulle stories met mekaar te deel.