Sonja:Meisie van Nigel – Biografie

R175.43

SONJA: meisie van Nigel is die merkwaardige verhaal van Sonja Herholdt - die meisie wat op Marievale-myn grootgeword het, by die Goudstadse Onderwyskollege in Johannesburg gaan studeer het en in 1975 die Afrikaanse musiektoneel stormgeloop en met haar vrolike, ongekunstelde sangstyl onherroeplik verander het.
Die pers het haar as 'n ‘blonde orkaan' bestempel en as ‘een van die grootste suksesse van alle tye'. Sonja Herholdt was op elke voorblad en op almal se lippe; 'n blink toekoms het op haar gewag.

Maar die smaak van haar sukses was nie so soet nie; die persoonlike prys wat sy daarvoor moes betaal peperduur...

SONJA: Meisie van Nigel is 'n verhaal van geloof, hoop, liefde en hartseer, maar is ongetwyfeld uiteindelik 'n oorwinningslied en 'n hartroerende viering van vrouwees.

Landswyd beskikbaar by boekwinkels.
Indien 'n winkel nie voorraad het nie vra asb dat hulle dit bestel by: On the dot
ISBN 978-0-620-38059-1

Uitgegee in 2007 – Sagteband 352 bladsye

Skrywer: Carel. F Cronje