11 Januarie 2010
Ek wens jou 'n voorspoedige en geseënde nuwe jaar toe. Mag ons almal bly glo en hoop dat ons drome en wense in die nuwe jaar sal waarword.
Ek is baie opgewonde oor my nuwe album "Pêrels" en dit lyk of die cd uiteindelik teen Februarie/Maart 2010 beskikbaar sal wees. Buiten die 20 ou treffers op die bonus cd bestaan die nuwe cd uit liedjies soos: Pêrels (die titelsnit), Fynbos, Jou soene is sag, Joune, Lewensdrome, Ons vlieg saam (duet met Simeon), En jy vloei en Cederberge.
Ek gaan in 2010 steeds voort met my musiekmotiveringsprogram, dit bly steeds vir my 'n voorreg om my hart met die vroue van Suid Afrika te kan deel. Gedurende Desember het ek die nuus ontvang dat Linda Doyer, 'n inspirasie-vrou van Witrivier, haar stryd teen kanker voltooi het met die heengaan na haar Hemelse Pappa. Ek bring aan haar hulde in die erkenning afdeling van my webwerf en voel baie klein en nederig dat my lewenspad vir 'n kort oomblik met die van so 'n ongelooflike vrou kon kruis.
Kommentaar
Nuwe CD
Het net vinnig kom inloer en hier sien ek die nuus oor die nuwe CD . . . Jy moet laat weet die oomblik wat ek een kan kom koop . . . jy weet mos ek kan nie wag nie!!!!!!
Pierre xxxx