W E L K O M

Welkom by my nuwe tuiste op die wêreldwye web.
Ek onderskryf wat Albertina Sisulu gesê het, naamlik dat ons, ons lewenservarings moet deel, en dat dié met wie ons dit deel, daarmee moet maak wat hulle wil.

In wese is dit presies wat sonjaherholdt.co.za is.

Op hierdie platvorm deel ek my ervaringe - en ek hoop dat dit vir jou iets sal beteken.
Word asb deel van hierdie stukkie kuberruimte en neem die vrymoedigheid om jou hart en of jou opinie hier te deel. Jy kan nou kommentaar lewer op nuusberigte en artikels - los gerus ‘n boodskap in my gasteboek. Jy kan ook kies of jy hierdie webwerf in Engels of Afrikaans wil lees. (Let asb net op dat sommige inhoud slegs in - of Afrikaans - of Engels beskikbaar is.)

Nogmaals welkom - dit is die mense wat ek liefhet - wat my toevou soos ‘n moskombersie.
Dankie daarvoor en dankie dat julle hierdie pad saam met my stap.
Met al my liefde . .

Sonja Herholdt - Oktober 2008

Kommentaar

Sonja in New Zealand

Die woord KUBER-RUIMTE is darem maar so n wonderlike woord, om te dink .... "Maak nie saak waar in die wereld n mens is nie, die KUBER sal saam met jou wees" en dis die met die wonderlike NUWE www.sonjaherholdt.co.za. Dat die nuwe kuber-tuiste nie net vir my hier in NZ n verkil gaan maak nie, maar vir een en elk waar ookal jy in die wereld sal wees !!
Well done guys.
Die nuwe WEB WERELD vir www.sonjaherhold.co.za is baie goed.
Groete van AUCKLAND - New Zealand
TinusJ

sonja se mense wat sy liefhet

Dis wonderlik om te weet dat Sons ook nou op die "kuber lig" is - you go girl..... dankie, nou kan mens mos gesels, en alles deel wat so krap, en wat ander nie verstaan nie. Dis regtig n voorreg om jou as mens te ken, en sterkte met AL jou vertonings waar dit ookal mag wees...die Kaap is leeg sonder jou.
Annemarie