Ek wens graag vir jou net die beste toe vir 2009!
Ek is die laaste tyd diep onder die indruk van "the power of now". Dat ons
moet leef vir die oomblik, en nie in die toekoms of die verlede nie!
Vanuit my oogpunt van "hierdie nou" wil ek graag die volgende met jou
deel:
Ek weet nie wat jy oor die feestyd gedoen het nie - maar ek hoop jy kon
rus. Ek is by my huis in Johannesburg - die lekkerste plek in die wêreld,
veral weens Johannesburg se besondere aangename klimaat. Hierdie tyd van
die jaar is dit besonders stil en geniet ek my tuin en die ryk voël-lewe.
Ek ontspan en rus langs die swembad, kosbare "me time" wat ek terdee
geniet.
Ek het die afgelope tyd baie bewus geword van een groot waarheid wat ek
die nuwe jaar met my gaan invat - en dis "dankbaarheid" en "dit wat jy
het moet jy oppas." Die afgelope 3 weke moet ek meer lê en slaap en rus
as ooit omdat ek aan die begin van Desember verkeerdelik "cell-food"
druppels in my regteroog gegooi het. Ek het nie mooi opgelet nie en het
die klein botteltjie vir oogdruppels aangesien. Die druppel cell food, 'n
sterk alkalie, het my kornea redelik beskadig. Volgens die oogarts, Dr
Maria Nadj kon ek nie iets ergers in my oog gegooi het nie. Ek het groot
geskrik, maar nou-ja wat kan ek sê - ek het dit aan myself gedoen en jy
voel maar redelik "stupid".
My oog is darm nou al beter, alhoewel die sig nog nie heeltemal normaal is
nie. Die prognose lyk positief - tyd gaan egter leer of daar permanente
skade is maar ek glo dat dit heeltemal sal genees. Daarmee saam het ek ook
te hard geoefen by my vroue gym "Curves" en my knie seergemaak. Ja, so wat
is die uiteinde van my storie - Ek lê en kom die dr se voorskrifte na en
rus my been en pas myself op. Ek besef net weer opnuut met dankbaarheid
hoe geseënd ek is met 'n gesonde liggaam. As jy gesondheid het - het jy
alles. . . .Daarom het ek besluit om een dingetjie in die nuwe jaar saam
met my te vat: 'n "dankbaarbundel". Dit lê al klaar langs my bed en ek
skryf elke aand voor ek gaan slaap ten minste 2 goed van die afgelope dag
waarvoor ek dankbaar is neer. Dankbaarheid is vir my een van die boublokke
van sukses!
So op die vooraand van 2009 wil ek vir jou los met die wyse woorde van een
van die rykste mans in die wêreld - (net nie nou sy naam in my kop nie)
Toe hulle vir hom vra wat sy geheim vir sukses is en wat sal hy graag nog
sou wou doen as hy die geleentheid kry - was sy antwoord: "dankbaarheid -
en dat hy graag meer foute sou wou maak".
Mag 2009 vir jou dit inhou, wat jy daarvan vra! Plaas jou vertroue in die
Here, . . "dare to trust Him!" Ek doen.
Baie voorspoed en liefde.
Sonja
Kommentaar
DANKBAARHEID
Liewe Sonja,
Hoe sleg voel ek nou en ondankbaar. Ek het net vanoggend so swartgallig opgestaan en gevoel asof ek nie meer krag het vir een minuut nie, wat nog te se vir 2009. Jy bly net positief ongeag jou omstandighede en ek kan baie by jou leer. Ek vertrou saam met jou die Here vir jou volkome herstel.
Noudat ek jou boodskap vir 2009 gelees het, sien ek kans om elke dag te vat soos hy kom en DANKIE te se vir die voorregte wat ek het. Mens besef eers wat jy gehad het, wanneer jy dit nie meer het nie en soms kom dankbaarheid te laat.
DANKIE - OOK VIR JOU AMAZING VRIENDSKAP DEUR HIERDIE JAAR!
Liefde
Thelma