12 November 08
Voor ek die jaar afsluit bied ek vir almal wat daarvoor gevra het op Saterdag 6 Desember in Melville Johannesburg - weer ‘n "Treffers van die Sonjare" vertoning aan. Met klavierbegeleiding sing ek van my ouer liedjies, die wat ek selde in vertonings sing. Die ou bekendes, soos Skipskop, Jantjie, Harlekyn ens is ook natuurlik daar sowel as een of twee liedjies van Reconstructing Alice en my nuutste cd "She".
Die optrede vind plaas in die Melville kerk se gebou op die hoek van 6e straat en 5de slaan Melville. Parkering is in die straat en daar is motorwagte aan diens. Die vertoning begin 20:00 tot ongeveer 21:30. Daar is heelwat koffiewinkels asook ‘n Mugg & Bean loopafstand van die Melville kerk in die omgewing.
Die Melville kerk bied ‘n lekker intieme atmosfeer vir hierdie optrede en daar is slegs 130 kaartjies beskikbaar teen R100 by die deur of as jy jou kaartjie vooraf wil bespreek kan jy dit doen op my webwerf (Kliek hier)
Kommentaar
Sonjare show
Sonja ek kan eenvoudig nie wag nie! Het my gesin en skoonfamilie ingeboelie en ek weet sommer ons gaan dit erg baie geniet. Ek het jare laas 'n konsert van jou gesien. Ek dink in Botswana laas! Die mense in Ghanzi praat nog baie oor toe jy hier was. Is uitgehonger vir lekker ontspan terwyl Sonja entertain!!!
Skuus ek sien jy se die comment moet in Engels wees, maar ek gebruik Afrikaans as ek kan! Praat te veel Engels hier by die lodge.
Dankie Neeltjie
Bly julle sien uit na die "show". Jy hoef nie in Engels kommentaar te lewer nie, dit is net 'n kortpad "link" as jy die nuus artikel in Engels wil lees. Liefde Son