Sonja en Tjokker - sing kinderliedjies

My kinderalbum "Sonja en Tjokker - sing kinderliedjies" is amper klaar en behoort teen einde April in die winkels beskikbaar te wees. Op hierdie album sing ek en Tjokker, (my opregte Kaapse hondjie pêl) meestal oorspronklike kinderliedjies. Ek en Tjokker gesels ook op die cd oor alles en nog wat en het sommer baie lekker pret! Ons bak saam koek, hardloop dat die stof so staan en wonder of die vlieg ook in die ark was. Ons vertel die maatjies die storie van Dawid en Goliat en sing lekker saam aan 'n kinderkeurspel tydens kerktyd. Die album bevat 22 snitte, meeste nuwe storie-liedjies wat die kinders lekker kan saamsing en luister.