Skouspel 2010

Skouspel 2010
Dit was vir my 'n groot eer en 'n voorreg toe Huisgenoot my vereer het met die lewenslange bydrae toekenning tydens die 2010 Skouspel Vertoning in die Superbowl by Sun City.

My deelname aan die vertoning het bestaan uit 'n medley van 'n paar van my liedjies wat ek saam met van die ander kunstenaars gesing het.
So het ek Harlekyn saam met Wicus van der Merwe gesing, Hanoverstraat saam met Emo Adams, Oberammergau saam met Rina Hugo, Ek verlang na jou saam met Juanita du Plessis en Jantjie saam met Theuns Jordaan. Ek het afgesluit met Pêrels wat Romanz en Flip a Coin saam met my gesing het.

Skouspel 2010 was vir my 'n positiewe ervaring, nie net omdat ek die toekenning ontvang het nie, maar ook om deel te kon wees van so 'n spesiale produksie. Ek was absoluut beïndruk met die professionaliteit waarmee die produksiespan die produksie beplan en uitgevoer het. Dit was 'n fees om saam met soveel talentvolle mense te kon werk.

Om vereer te word is nie waaroor dit vir my gaan nie, maar dit was tog lekker om die erkenning te kon kry. Ek het dit ook genoem in my kort toespraak tydens Skouspel en dit is ook deel van my lewens filosofie, Koos Dup se woorde," Wat ek is is net Genade, wat ek het is net geleen".

Fotos's van skouspel beskikbaar in die gallery afdeling van my web of kliek hier

Kommentaar

Dejavu!

Hi Son, so doen jy dit toe sommer weer in 2010... Die STER van Skouspel, en op die silwerdoek in Liefling! Voel soos die laat 70's en vroeg 80's met al jou Sarie's en Harlekyn - alles weer van voor af.
Weereens baie geluk en sukses - jy verdien net die beste!
Liefde,
Frans
x

Mooi man

Sons bly om te hoor dat jy Skouspel geniet het. Ek kan nie wag om dit op tv te sien nie!