12 Augustus 2009
Ek het onlangs my jongste CD "She" bygewerk met 4 nuwe snitte op. Die She CD is hoofsaaklik die musikale klankbaan van my musiekmotiveringsprogram "die Hartklop van vrouwees".
My motiveringsprogramme is vir my 'n baie organiese proses, en ek is gereeld besig om bietjie te skuur en skaaf aan die inhoud. Die 4 nuwe liedjies in die program en gevolglik op die nuwe weergawe van die CD is, "Die mense wat ek liefhet" "Josie Josie" "You were always on my mind" en "Sisters are doing it for thenselves".
Ek is baie tevrede met die finale produk van al vier hierdie liedjies en dink elkeen lewer 'n waardevolle bydrae tot die boodskap.
Soos gewoonlik is "She - the princess" ook beskikbaar hier op my webblad teen R100 btw uitgesluit.