My nuwe album Pêrels is nou landwyd beskikbaar by meeste musiekwinkels, sowel as hier op my webwerf.
Pêrels is my eerste kommersiële CD in 10 jaar en bestaan uit 9 nuwe oorspronklike liedjies gebore uit 'n tema van hoop.
Dan is daar ook 'n bonus CD met 18 Sonja Herholdt treffers, nuut opgeneem, met verwerkings getrou aan die oorspronklike.
Die musiekvideo van die temalied Pêrels is ook reeds vervaardig en sal eersdaags tesien wees op tv sowel as op you tube, hou gerus my web dop vir meer inligting.
Indien jy dalk nie Pêrels by jou gunsteling musiekwinkel kan kry nie vra asb dat hulle dit vir jou bestel by Universal Music, die album kode is TOCFCD 1014.
Ek is tevrede en trots . . .en hoop dat Pêrels vir jou ook 'n pêrel sal wees.