PÊRELS

My nuwe album Pêrels is nou uiteindelik klaar gemeng en gemeester. Die meester CD is nou na UNIVERSAL MUSIC wat verantwoordelik is vir die verspreiding van die album. Dit sal moontlik nog twee tot drie weke neem (middel na einde Maart) voor die album in die winkels beskikbaar gaan wees. Ek sal ook laat weet sodra ek voorraad ontvang, dan sal die album ook dadelik tekoop wees, direk hier op my webwerf.

Ek begin ook nou met 'n bemarkingsaksie wat die opneem van 'n musiekvideo en die besoek aan verskeie radiostasies insluit. Dit bly maar altyd 'n ope vraag of die radio stasies musiek van 'n nuwe album gaan speel? Ek hou egter al my duime vas!!

Ek is tevrede met die eindresultaat. . . luister gerus na 'n voorsmakie van die titelsnit "Pêrels" in die lede area.

Op 24 April stel ek Pêrels bekend met 'n vertoning in die Centurion teater, en op 12 Mei stel ek Pêrels bekend in Kaapstad by die Gatta Patat teater. Vir die Centurion teater vertoning is kaartjies nou beskikbaar by Computicket en die Kaapstad vertoning direk by die Cape Diamond Hotel teater. Meer inligting oor die vertonings beskikbaar in die gebeure afdeling van my webwerf.