Ons vlieg saam - die video

Die video van my en Simeon se duet vanaf my nuwe album Pêrels is nou beskikbaar op YouTube, kyk gerus hier.

Kommentaar

Dankie!

Dankie vir die mooi woorde en die mooi voordra van hierdie lied, Sonja en Simeon! Dit raak my baie baie diep. Ek en my oudste seun gaan deur baie diep dae - hy het 'n baie ernstige hartprobleem en is tans op die waglys vir 'n hartoorplanting. Die dae is vir beide van ons soms baie moeilik maar met ons geloof in ons Hemelse Vader en die onvoorwaardelike liefde wat Hy vir ons geleer het, kom ek en my seun deur elke dag. Hierdie lied is asemrowend fantasties!

ons vlieg saam

Wat 'n pragtige jong man. sjoe hoop ons kry meer van hom te sien in die toekoms. Hy is nie net pragtig nie maar hy het net so 'n pragtige stem, ek kan vir ure na julle liedjie luister dit is amazing amazing amazing.

Ons vlieg saam

Dit is so absolute amazing awesome lied. Ek sal ook graag die lirieke wil he as dit moontlik is. Ek het gesoek na die perfekte woorde om in sy "Van mamma vir jou" boek te sit, en ek het dit gekry by julle!

Die liriek is in die lede

Die liriek is in die lede area van die webwerf, kliek op die titel van die liedjie om die volledige liriek te sien.

Ons vlieg saam !

Dit is sooooo mooi. Ek het die CD gekoop en ek wil bitter graag die lirieke hê (ek kan beslis nie sing nie, nie eens in die badkamer nie).

My seun het so ongeveer 3 maande gelede probeer selfmoord pleeg maar God het hom deurgedra.

Ek wil graag die woorde van die liedjie saam met die CD vir hom gee.

Is dit enigsins moontlik ?

Sal dit baie waardeer
Liefde
Erica