Ek gesels in die Vrouekeur van 27 November 2009 o.a. oor my nuwe album Pêrels. Hierdie is my eerste kommersiële cd in omterent tien jaar en ek is baie opgewonde daaroor. Pêrels gaan 'n dubbel cd wees.
Die eerste cd bestaan uit 9 nuwe oorspronklike liedjies, en die tweede cd 20 van my grootste treffers wat ek weer opgeneem het met verwerkings baie naby aan die oorspronklike. Ek het reeds al die liedjies op die cd klaar gesing, ons is nou besig om die laaste agtergrondstemme op te neem en moet dan nog werk aan die finale meng.
Die idee was om die album nog klaar te he voor kersfees 2009 maar die proses het langer geneem as wat ons gedink het. Die album sal dus alle waarskynlikheid eers vroeg 2010 beskikbaar wees.
Hou gerus dop. . .