Ek was aan die begin van die jaar genader om te hoor of ek sou belangstel om 'n rol te vertolk in die beplande musiekrolprent "Liefling". My antwoord was "beslis ja". Ek sien baie uit na die geleentheid, verfilming begin in Januarie 2010, en dit lyk of die fliek teen die lente van 2010 sal begin draai.
"Liefling - die Movie" is die eerste Afrikaanse musiekrolprent wat sedert die vroeë 80's vervaardig word. Dit is ‘n liefdesverhaal wat vele inspirerende aspekte soos liefde, leed, familiewaardes, nostalgie, humor en tydlose Afrikaanse taal en musiek vier en herontdek.
Besoek gerus www.liefling.com vir meer inligting
Kommentaar
Movie-Liefling
Ek sien uit daarna om hierdie nuwe AFRIKAANSE Fliek te sien, ons is mos afrikaners en daarom glo ek dit gaan lekker wees om weer `n fliek in ons moedertaal te sien. Dit lyk ook of dit `n goeie afrikaanse starie gaan wees.
Baie dankie dat julle aan ons Boertjies gedink het.
Ek hoop julle gaan baie geld maak met julle nuwe fliek, want julle verdien dit.
Liefde, groette
Estelle Coetzee, 082 9515 114
Die movie
Hi daar,
As 'n groot fan van Liefling, is ek vreeslik opgewonde oor die Movie... Op die decor set in Liefling se kamer is my mosaic teen die muur, so ek spog met almal om te gaan loer.....
Afrikaans is bobaas.