Happiness is a SKILL . . . . en ek glo dit begin by 'n dankbare maar ook 'n brawe hart, dit is beslis iets waaraan ons almal die heeltyd moet werk.
Ek wou Sondag so 'n bietjie laat slaap, my naweek was nogals besig, maar toe lui my telefoon 9 uur. Aan die ander kant van die lyn is 'n verslaggewer wat wil weet wat my kommentaar is op Jurie Els se uitsprake oor my in sy biografie. Sjoe dink ek so half deur die slaap, ek weet nie eens dat hy 'n boek geskryf het nie - wat het dit met my te doen en waarom "feature" ek in sy boek en waarom bel die verslaggewer dan vir my.
Ek sit gou regop en probeer wakker klink. "Nee ek het nie gehoor nie, vertel gou. Sy gaan voort om te vertel. Nou is ek wakker en is sommer vies.
My laatslaap is daarmee heen. Ek wil myself net gou hier onderbreek. In my huidige motiveringsprogram deel ek my insigte oor eiewaarde. Een van die aspekte van eiewaarde "self esteem" is dat jy die reg het om vir jouself op te mag staan.
En dit is toe presies wat ek besluit om te doen, en lewer my kommentaar.
Ek kan nie presies onthou wat ek gesê het nie, maar dit was iets soos "Jurie mors net my tyd - daar is beslis nie geheime wat ek in my lewe wegsteek nie en ek dink Jurie is moedswilig en probeer kwaad stook." Ek het geen begeerte om by sy moddergooiery betrokke te raak nie, maar het genoeg selfrespek dat ek vir myself sal opstaan!!
In hierdie geval het dit beteken dat ek my kommentaar gaan lewer en nie net gaan sê "geen kommentaar" nie.
Ek glo dat as 'n Christen mag ek vir myself opstaan, want my Christenskap is nie 'n lisensie vir ander om oor my te kan loop nie. Ek glo ook in dade eerder as in woorde. Ek is nie volmaak nie, ek is baie bewus van my eie foute. Ek probeer nie om iets voor te gee wat ek nie is nie en glo dat hoe ek my lewe leef die hardste praat. Somtyds word ons ingetrek by omstandighede, en dan het ons baie wysheid nodig om dit reg te bestuur.
Dankie aan almal wat gebel, of 'n sms of e-pos gestuur het, en my bemoedig het. Dit is lekker om te weet ek staan nie aleen nie en dat 'n groot deel van die publiek nie alles wat hulle lees vir soetkoek opeet nie. Daar is mos 'n gesegde wat sê: " You can fool some of the people some of the time but you can't fool all of the people all of the time".
Ek het sopas deelgeneem aan 'n realiteitsprogram vir SABC2, Jam Sandwich. Die konsep van die program is om twee uiteenlopende kunstenaars bymekaar te bring en dan moet hulle binne 'n dag of twee saam 'n liedjie skryf en opneem. Dit was vir my 'n lekker groei-ervaring. Ek dink die program word in Desember een of ander tyd uitgesaai - ek sal laat weet sodra ek hoor.
Ek is later die maand een van die kunstenaars wat optree by Huisgenoot se Skouspel.
Ek weet nog nie presies wat ek sing nie, maar daar is produksievergaderings die volgende twee weke wat gestalte aan die produksie sal begin gee. Daar is ook 'n artikel oor my in die huidige Huisgenoot Tempo tydskrif, onder die opskrif "SING, teen die lag en die traan en die pyn".
As ek kon sou ek 'n ander opskrif wou kies, iets meer positiefs, maar nou ja, so gaan dit maar as daar oor en van jou geskryf word. Hulle besluit in watter konteks en lig hulle die artikel wil plaas. Die artikel is akkuraat en 'n goeie refleksie. Vir die wat belangstel, lees gerus.
Ek doen ook eersdaags 'n onderhoud met Sarie tydskrif, wat veral handel oor my deelname aan die Liefling fliek. Die artikel sal wees vir die Desember-uitgawe. Liefling wys op 19 November in teaters landswyd.
Daar kom ook 'n liefling "soundtrack cd" en ook 'n DVD, maar seker eers as die fliek klaar gedraai het.
My nuwe CD Pêrels verkoop goed en ek kry steeds positiewe terugvoer. Daar was so 'n bietjie probleme met die verspreiding van die CD, hoofsaaklik agv die uitwerking van die swak ekonomiese toestande op die musiek-kleinhandel. Universal wat my CD bemark en versprei het egter die probleem areas geïdentifiseer en is besig om daaraan te werk.
Dit is die nuus vir die oomblik,
Nou moet ek myself weer daaraan herinner dat "Happiness is a skill. . . . " and it is born out of a brave and thankfull heart!
En ja dit is die getuienis van my hart - ek ervaar elke dag die ongelooflike sëen van die Here!! Dankie Vader!
Kommentaar
Comment removed
Comment posted via fake log in e mail was removed.