27 April 2010
In die MEI uitgawe van die leef tydskrif is daar 'n artikel wat handel oor ek en my kinders. Die opskrif is "In genade ontvang. . . Dankie aan Leef vir die mooi artikel, en dankie aan elkeen van my kinders wat ingestem het om deel te wees van die artikel. Ek weet dit is nie altyd lekker vir julle om in die kollig te wees nie. Lees gerus meer oor die artikel hier.
Ek is ook deel van 'n spesiale Glitterati Moedersdagprogram op 6 Mei. Die program is alreeds opgeneem maar daar was 'n groot verrassing vir my in die ateljee gewees, kyk gerus. Ek sing ook twee liedjies van my nuwe album "Pêrels".
Ek het my nuwe CD die afgelope naweek amptelik vrygestel met 'n vertoning by die Centurion teater. Dankie aan almal wat die aand met my kom deel het, dit was vir my lekker om die nuwe liedjies te sing. Dankie vir al die terugvoer op die nuwe album, ek is bly dat dit mense se harte raak. Ek is ook dankbaar om te kan noem dat die titelsnit "Pêrels" reeds op Radio Jakaranda en RSG gespeel word.
Ons beplan om in die volgende maand of twee nog twee musiek videos van liedjies op my album te maak. Kyk gerus na my eerste video van Pêrels op youtube
Dit is die nuus vir die oomblik,
Liefde Son