Februarie 2011

2011 snel voort, en Februarie is ook al amper verby.

2011 het vir my so 'n bietjie neerslagtig begin, ek moes mooi probeer uitwerk waar kom hierdie gevoel vandaan. Ek het uiteindelik besef dat my neerslagtige gevoel spruit uit angstigheid oor die jaar wat voorle. 2010 het vir my baie beloftes ingehou, my nuwe album "Pêrels", my rolletjie in die Liefling fliek, my optrede by Skouspel en die twee lewenslange bydrae toekennings wat ek ontvang het. 2011 hou ook beloftes in maar niks so tasbaar soos die projekte van laasjaar nie.

En toe ontmoet ek Eugene. Eugene is 'n terminaal siek kankerpasient wat tans versorg word in die Rynfield versorgings-eenheid. Ek het die voorreg gehad om al twee keer by Eugene te kon gaan kuier, en elke keer was ek so oorweldig met sy positiwiteit, sy veggees, sy hoop en die liefde in sy glimlag. Omdat hy weens die kanker verlam is in sy onderlyf, is sy bed sy lewensruimte. En hy sê dat hy elke dag 'n keuse het wat hy daarmee gaan maak. En Eugene maak daarvan die beste, al is dit vir hom hoe moeilik.

Eugene en sy voorbeeld was vir my 'n "reality check"! Hier sit ek en "depressed wees" en ek het basies alles. Dankie Eugene vir jou voorbeeld, dat ek by jou kan leer. . .Ek bid vir jou en jou geliefdes, in hierdie baie moeilike tyd.

Ek besef een ding en dit is dat ek moet leer om in die paradoks van die lewe te leef en dit aan te gryp en te waardeer.

As ons bly fokus op geloof, hoop en die liefde van die Here , sal dit vir ons 'n hoopvolle toekoms wees. Dit is die oortuiging van my hart.

Bybel sê so waar is -"Geloof is 'n vaste vertroue van die dinge wat ons hoop, wat ons nie kan sien nie." Vir 2011 maak ek dit my eie en hou ek opnuut daaraan vas, al is dit hoe moeilik.

Op 4 Februarie het ek en Simeon saam by die Centurion teater opgetree. Simeon se orkes "Colorup" het my begelei met van my liedjies, en ek en Simeon het ook 'n duet of twee saamgesing. Dit was vir my lekker om saam met die jong musikant te kon werk. Die gehoor was ontvanklik en warm, en die terugvoer was positief en opbouend. Ek en Simeon beplan om nog 'n paar optredes saam te doen gedurende die jaar.

Ek werk tans aan 'n idee vir 'n deut album, met Simeon en 'n paar ander kunstenaars. Die idee is gebore uit die ongelooflike positiewe terugvoer van my en Simeon se duet "Ons vlieg saam". Daar is ook 'n idee vir 'n kinder, nee eintlik meer 'n kleuteralbum. EK wou dit al lankal doen en voel dat die tyd dalk nou reg gaan wees. Ek wil ook vreeslik gaag een of ander tyd in 2011 'n "Reconstructing Alice" ten years later, vertoning hou. Dit sal 'n eenmalige geleentheid wees.

Ek werk steeds hard aan my musiekmotiveringsprogramme wat ek veral vir dames aanbied. Dit bly tans my hoof fokus en passie. Die program is baie organies en ek verstel gereeld aan die inhoud soos wat ek groei op my lewenspad en tot nuwe insigte kom. Ek oorweeg dit om die nuwe weergawe "Pêrelvrou" te noem, dit sal ook inpas by my liedjie Pêrels, my huidige persoonlike lewens lied, engels se dit eintlik beter "my life anthem"!!

Ek wens julle 'n wonderlike jaar vol pêrels in jou woorde, mag dit regophou en woorde wees wat jou sal deurdra!

Kommentaar

Dankie!

Liewe Sonja,

Dankie weereens vir jou en Mike se vriendskap, en die liefde en ondersteuning gedurende Eugene se siekbed - julle het 'n groot aandeel gehad in die skep van die wonderlike vrede waarmee Eugene die oorgang na sy Verheerliking op 28 Februarie beleef het. Ek bid julle steeds net die grootste sukses toe met al julle ondernemings vir 2011.

Baie liefde,
Pieter.

Sonja

Hi Sonja,

Dit is menslik om so te voel maar ons moet altyd in gedagte hou dat die duiwel ook wil kom en jou fokus van God aftrek en jou neerslagtig maak juis omdat jy so in SY wil wandel.. 1 Tim - God het ons nie 'n gees gegee van vrees nie maar van Liefde, Krag en Selfbeheersing. Jy is so 'n inspirasie vir baie mense en ek is 100% seker dat dit ook die wil van God is om mense te wys wat deursettingsvermoe en liefde is - Jy kan baie trots wees op jouself, ons is baie trots op jou.

Sterkte met die jaar - dit gaan fantastise jaar wees!

Mag jy Geseen word met 'n miljoen.

Leoni

2011 - Vandag is hier - ons ook!

Hi Sonja - ek dink dis heeltemal normaal om so te voel na soveel hoogtepunte in 2010. Tweeduisend en tien was sowaar 'n goue jaar vir jou!! Maar ons is so gelukkig om te weet "vandag is hier - ons ook" en ek is seker hierdie jaar gaan vir ons almal (insluitend jou) nuwe uitdagings stel. Jy is mos ALTYD vol verrassings! Groete en sterkte!!

Hi Son

Jonas Salk het gesê : “ I have had dreams, and I’ve had nightmares. I overcame the nightmares because of my dreams” ek glo 2011 gaan ‘n great jaar wees.