Afri-Frans

Matthys Maree & Sonja Herholdt

31 Julie 2009
Saterdag 1 Aug (21:00) is ek weer 'n gas op die kyk NET TV program Glitterati. Ek was genooi om my opinie te gee oor Matthys Maree se Afri-Frans projek. Op hierdie album het hulle 13 Afrikaanse trefferliedjies, o.a. Jantjie, Waterblommetjies en Ek verlang na jou in Frans opgeneem. Tydens die program gesels ek bietjie oor my indrukke van die projek.

Ek het gedurende Julie so vir twee weke gerus, maar is nou weer volstoom aan die werk met die aanbied van my motiveringsprogramme. Was juis gedurende die week in Potch en Orkney en is baie dankbaar dat albei funksies baie goed afgeloop het tenspyte van die koue weer. Dit is 'n ongelooflike gevoel van tevredenheid as iemand na die program vir my vertel my boodskap hulle diep geraak het en dat hulle lewens nie weer dieselfde sal wees nie.

Groete