1 November 2011
Dit was vir my 'n groot eer om deel te kon wees van die jaarlikse VONK toekennings. Ek het twee items gelewer, my 1970's liedjie Disco Disco in die openings-medley en toe het ek en Winray sy liedjie Muchas Gracias saam gesing. Willie Venter het 'n ongelooflike produksie op die planke gebring, enĀ ek is trots om deel daarvan te kon wees.