Nuus

PÊRELS

1 Maart 2010
Die produksiewerk aan my nuwe album "Pêrels" is nou uiteindelik klaar en die album is finaal gemeng en gemeester.

Die meester CD is nou na UNIVERSAL MUSIC wat verantwoordelik is vir druk en die verspreiding van die album.

Dit sal moontlik nog twee tot drie weke neem (middel na einde Maart) voor die album in die winkels beskikbaar gaan wees. Lees verder

Rapport Haiti Konsert

Rapport Hoop vir Haiti konsert

5 Februarie 2010

Dit was vir my 'n groot eer en voorreg om deel te kon wees van hierdie baie spesiale geleentheid. Die idee het by Cheree die sangeres ontstaan, sy het toe 'n e-pos uitgestuur en 'n week later sit daar toe net bietjie meer as 2000 mense in die Big Top arena by Carnival City.
Lees verder

W E L K O M 2010!

11 Januarie 2010
Ek wens jou 'n voorspoedige en geseënde nuwe jaar toe. Mag ons almal bly glo en hoop dat ons drome en wense in die nuwe jaar sal waarword. lees verder

Onlangse nuusberigte

Januarie 2010
Onlangse nuusberigte oor Jurie Els verwys:
Ek is vol vertroue dat hierdie aangeleentheid gou uitgesorteer sal wees en volstaan by my kommentaar van 13 Desember 2009, in die vorige nuusartikel hier op my webwerf.

Ek groet my Pappa & 2009

13 Desember 2009
Op Saterdag 28 November 2009 is my pappie op die ouderdom van 84 oorlede aan kanker. Hy het skielik in September sleg begin voel, en nou-ja van daar af was dit net afdraande pad. Wat vir my so hartseer is, is dat hy so moedig probeer veg het en positief gebly het dwarsdeur die bestraling wat hom so siek gemaak het. lees meer >>

My nuwe album "Pêrels"

Ek gesels in die Vrouekeur van 27 November 2009 o.a. oor my nuwe album Pêrels. Hierdie is my eerste kommersiële cd in omterent tien jaar en ek is baie opgewonde daaroor. Pêrels gaan 'n dubbel cd wees.

Die eerste cd bestaan uit 9 nuwe oorspronklike liedjies, en die tweede cd 20 van my grootste treffers wat ek weer opgeneem het met verwerkings baie naby aan die oorspronklike. . .>>

Liefling - "die movie"

Ek was aan die begin van die jaar genader om te hoor of ek sou belangstel om 'n rol te vertolk in die beplande musiekrolprent "Liefling".

My antwoord was "beslis ja". Ek sien baie uit na die geleentheid, verfilming begin in Januarie 2010, en dit lyk of die fliek teen die lente van 2010 sal begin draai.

Reik na die sterre

Op Saterdag 28 November begin daar 'n nuwe musiekprogram op kykNET. Homebrew films het 'n reeks konserte by die Barnyard teater in Kaapstad verfilm. Die reeks word van 28 Nov - 20 Feb 2010 om 20:00 op Saterdae uitgesaai.

'n Naweek in die Karoo by die DeStijl Gariep Hotel

Op Saterdag 7 November bied ek my Hartklop van Vrouwees program by die nuwe DeStijl Hotel by die Gariepdam aan. Die hotel het 'n asemrownde uitsig oor die dam, en is verseker die ideale plek as jy rus en vrede en stilte soek. Kry gerus 'n paar vriendinne bymekaar en maak dit 'n naweekwegbreek.

Die lente is hier!

23 September 09

Ja die lente is hier!!! Dis amper asof dit te gou is!
Dit is die teken van God se verbond met ons ou aarde - en daar is 'n afwagting - ook dat die reën moet kom - want die suifmeel in die lug help nie my sinus nie.