Gasteboek

LW: Sekere gedeeltes van hierdie webwerf is slegs in Engels beskikbaar

Los gerus 'n bookdskap in my gasteboek.

Hugo

Hi

Nee wat - Sien aangeheg.

From: Wouter Hugo
Sent: 19 October 2009 03:45 PM
To: 'eweidema@huisgenoot.com'
Subject: 'n Volle 10 Ikone sonder Sonja Herholdt? Ag nee wat Huisgenoot - gaan doen jul huiswerk

Hi Esmare

Dit is darem 'n skade dat Huisgenoot 10 ikone kan vereer sonder Sonja Herholdt.

Ek plaas 'n GROOT VRAAGTEKEN onder die paneel van sogenaamde kundiges wat die kunstenaars geidentifiseer het met die uitsluiting van Sonja Herholdt.

Wouter Hugo

Hugo

Hi Martin en ander
Ek dink werklikwaar dat Huisgenoot se "sogenaamde" kundiges op die gebied van ikoon identifisering moet hul huiswerk gaan doen. Ek het op 'n vorige geleentheid direk die aangeleentheid met die redakteur van Huisgenoot opgehaal - iewers op die webtuiste is daar 'n kopie daarvan. Heeltemal reg - ek dink nie die 'goed" pla Sonja heeltemal soos dit vir ons pla nie - die frustrasie is eerder op onregverdigheid & onkundigheid gegrond dan enige iets anders. Dit duur egter voort van jaar in tot jaar uit en die ironie van alles is - dit is BAIE SELDE dat Huisgenoot nie 'n Sonja-treffer in hul Skouspel vertonings insluit nie - watter boodskap kry 'n mens daardeur? Ag nee wat - hoe op dees aarde kan 'n mens nou enigsins insien dat kunstenaars soos Nick Taylor/Barbara Ray/Lance James/ en andere vereer as deel van 10 sonder Sonja Herholdt? Nee wat - miskien sal ek ou Steve moet bel en mooi vra vir nog 'n tee-lessie met die Redakteur van Huisgenoot.
Groete

Wouter Hugo/Kaapstad

thelma nel

Ek stem 100% saam met Martin. Ek voel ook dat Huisgenoot die pot mis sit. Maar soos jy se het Sonja nie daardie erkenning nodig nie. Sonja jou kroon wag vir jou in die hemel. Enigiemand wat jou shows bygewoon het sal weet waarvan ek praat.
Liefde
xx

teresa

thank you sonja i think u r wonderful your music is an inspiration and u so lovely thanks for letting us enjoy it too love u always lots of hugs from teresa xx

elserna

Baie dankie Sonja vir 'n heerlike insiggewende en inspirerende praatjie in Hermanus! Ek het dit baie geniet en BAIE geleer! Seenwense vir jou. Groete Erna Els

mpienaar

Hallo Sonja en al die ander 'fans' :)

Sonja, jy was great op ROER - baie dankie!

Verder - ek wil regtig geensins Sonja se dagboek gebruik om onnodige redenasies en onaagneemhede aan te roer nie, maar ek voel tog ek wil die volgende baie kortlik bet noem: Hoe HUISGENOOT hierdie jaar aan tien sg. musieklegendes spesiale eer kon gee en Sonja was nie een van daai tien nie, gaan my verstand totaal verbode! Veral dan ook in ag geneem dat mense soos Glenis Lynne (spelling??), Carike Keuzenkamp en Rina Hugo deel van daai tien was. Verstaan my asseblief mooi - ek hou, inteendeel, baie van Carike en Rina ook - dit maak net geen sin dat hierdie mense vereer word en Sonja nie! Ek bedoel, toe hierdie mense die baanbrekers was vir Afrikaanse musiek (dis mos nou die rede waarom hulle vandag legendes genoem word en vereer word), het Sonja meer albums verkoop as AL die ander saam! Nee wat, maak nie saak WAT Huisgneoot se redes sal wees nie - jy sal my nie oortuig dat tien mense vereer word vir hulle bydrae to Afrikaanse musiek en Sonja is nie een van daai tien nie! Dit wil vir my voorkom asof Huisgenoot se prioriteie (en dalk eerlike integriteite) nie altyd weklik so in orde is as wat hulle wil voorgee nie!

Hey, maar dis genoeg van daai - Sonja is great en het beslis nie Huisgenoot se erkenning nodig nie! Vir my is Sonja 'n ongelooflike mens en kunstenaar - baie dankie Son!

MARTIN

Raymond Harry

Dear Sonja. Thank you for your "Roer" show and for the delicious recipes you have shared. I have downloaded your recipes and will be making your "Boontjies" "Italiaanse Gereg" and "Frommel Oondpoeding" as soon as I have obtained the ingredients. For me this comes as a very special treat. Your fan, Raymond

JEANETTE KILIAN

baie dankie vir iemand spesiaal soos jy. jeanette kilian

thelma nel

Sonja, jou nuwe Hartklop show is awesome. Ek het dit so geniet Saterdag in Springs en die amazing vrouens van Journey of Hope was 'n groot inspirasie. Toe ek daar by jou sit en kyk hoe vrouens dankbaar en met net die grootste admirasie na jou kom en 'n geselsie aanknoop en jy bly so humble as wat jy is, toe besef ek opnuut wat 'n voorreg om jou te ken. Jou nuwe liedjies op die show is sooooo cool. Nou moet jy nog net Sisters are doing it for themselves ook sing. Dankie nogmaals. Jy's oulik! xx

Rolanday

Hi sonja,jy kan gerus nog n boek skryf ek is mal oor jou. Rolanda

Mariaan Energi

Hi Sons. Wat 'n belewenis !! Jy het vir ons kom kuier die 16 Sept 2009 met ons Hospice 10de verjaardag oggend in Middelburg MP. 'n Wonderlike oggend wat ons met mekaar kon deel en 430 vrouens wat Sonja Herholdt weer ontdek het. Die terugvoering wat ons gekry het, was amazing ! Dankie vir jou Hartklop wat jy met ons Middelburgers gedeel het.
Lovies
Mariaan Kruger
Middelburg

thelma nel

Liewe Sonja,
Ek sien jy is omtrent besig maar wil net laat weet dat ek gereeld jou webwerf besoek en ek kyk nou net na jou nuutste fotos van Noot vir Noot en die Leef Konsert. Weet jy, jy glimlag altyd en jy lyk altyd asof jy elke oomblik van jou optredes werklik geniet. En natuurlik, nodeloos om te se, jy bly pragtig. 'n Inspirasie vir elke vrou wat die 50's vrees. Ja een van die dae is dit my beurt. Dis asof ek moet afskyd neem van 'n era maar ek kry moed as ek sien hoe grasieus jy ouer word. Ek mis jou en hoop om jou Middelburg konsert by te woon. Hierdie jaar het net dol gegaan. Dis tyd vir 'n wegbreek. Ons moet iets reel vir volgende jaar wanneer jy nie so besig is nie.
Ek kan nie wag vir jou nuwe CD nie. Ek is seker dit gaan 'n Hit wees. Perels! Hoe gepas. Kan die naam assosieer met jou.
Lief jou
Thelma

Hugo

Liefste Sonja
Pas terug van 'n maand lange vakansie in mooie Europa. Goed om al die positiewe kommentaar te lees van hou "Hartklop" vertonings. Dit blyk voor te kom dat jy werklik deurdring tot vroue met betrekking tot die sterk eerlike en positiewe boodskap wat jy uitdra. Ek sien so uit na jou nuwe CD en hoop dit is binnekort op die mark.
Groete
Jou fan altyd
Wouter/Kaapstad

FLORENCE

ek was so bevoreg om jou opvoering by die ruiter by te woon op 15/08/09 dit was fantasies jy het my nuwe inspirasie gegee ek kan nie op praat oor jou en jou vertoning nie ek het nuwe lewe en begrip gekry baie baie dankie sonja mag God jou ryklike Seën in die dae wat voorlê groete florence - roodepoort

amelda

ek het jou show in Orkney gesien.dit was baie goed.ek het jou boek gegkoop en gelees en ek wil net se dit is fantasties dat jy jou lewe so mooi vervat het. good luck!
amelda kies

LouiseMvZyl

Sonja
Ek het gisteraand jou vertoning in Potchefstroom bygewoon. Wat 'n belewenis! Dankie dat jy my oê laat oopgaan het om te besef, haai mens word wakker, jy is ook spesiaal en moet na jouself kyk. Ek het jou loopbaan gevolg en moet sê: Ek glo jy is nou 'n groter ster as in die 70's. Jy is 'n inspirasie vir vrouwees en 'n bondeltjie energie. Dankie dat jy dapper genoeg is om ons vrouens uit te daag. Jy is pragtig en ek kan Jesus werklik in jou menswees sien.
Louise
Louise

Wilna

Naandsê goeie mense. Ansie se boodskap het my nuuskierig gemaak... En ja ek stem 100% saam: dit is 'n ongelooflike getuienis! Gelukkig diegene wat so bevoorreg was maar dankie dat ons lewens - soveel meer lewens - positief geraak word met musiek, motivering en inspirasie ('skuus vir die leengoed) wat met dieselfde energie en entoesiasme aan die breër gehoor gebied word. Mag ons SON nog lank skyn :-)

Ansie

Hi Sonja
Lees bietjie Hans Jurgen se blog "kortpouse", die inskrywing met titel Standerd 3, iewers in die sewentigs. Jy het blykbaar vir hom skoolgehou. Ek dink dit is 'n ongelooflike getuienis.
Jy kan die blog hier kry: http://blogs.litnet.co.za/hansjurgens/Standerd-3-iewers-in-die-sewentigs
Liefde
Ansie

thelma nel

Liewe Sonja,
Ek lees uit Richard Carlson se Don't Sweat the Small Stuff ...... BREATHE BEFORE YOU SPEAK ......... This simple strategy has had remarkable results for virtually everyone who has tried it. The almost immediate results include increased patience, added perspective, and, as a side benefit, more gratitude and respect from others. The strategy is simple. It involves nothing more than pausing - breathing - after the person to whom you are speaking is finished. At first, the time gap between your voices may seem like an eternity - but in reality, it amounts to only a fraction of a second. You will get used to the power and beauty of breathing, and you will come to appreciate it as well. Sal die res vir jou e-mail. Baie goed. xxx

belladonna

Hallo Sonja

Baie dankie vir die inspirende dag wat jy op Vredendal gehou het. Dit was regtig baie goed. Die volgende naweek was daar weer 'n damesoggend met Martilize Brink van RSG, maar dit was maar flou. Jou boek is ook baie roerend. Dit spreek tot elke vrouehart. Groete Judith