Sonja, ek lees artikels en sien al die programme op TV en wat nog beplan word- AMAZING!
Op WIE IS WIE sê jy dat jy Desember toer na vakansie oorde om die CD bekend te stel. Waar kan ek een kry? Nie in winkels of op jou produkte lys nie?
Pas jouself mooi op. Hou jou hande bakhand want daar is nog BAIE seëninge op pad. Groete aan Mike en jou kinders. Blessings.
Kommentaar deur Webmaster Wie is Wie was 'n heruitsending van 2002. Die inligting op die program was dus verouderd. Nuwe cd kom vroeg 2010.
daleenrae
Tue, 12/08/2009 - 20:53
Hi Sonja
Het so lekker op jou site rondgesnuffel, jy is pragtig. Was lekker om al die tydskrif voorblaaie met jou gesig voorop weer te sien, hulle lyk vir my almal bekend kon net nie die datums glo nie, voel soos gister wat ek 'n "Sonja Herholdt" plakboek gehad het. Waar kan ek die opname wat op TV vertoon was ek dink dit was "Op versoek" bekom? Ek het dit op video gehad maar het dit so baie gekyk dat die video dit nie meer kon hou nie. Dit was met gaste soos Mynie Grovè, Manual ens. en natuurlik het Simeon "Jantjie" gesing. Dankie vir jou mooi voorbeeld, is bly tops.
wilnakruger
Sat, 12/05/2009 - 21:42
EK WIL NET BAIE GRAAG VIR JOU SE: EK IS TROTS OP JOU.
JY IS 'N WARE DAME, EN VB VIR ONS.
WOU JOU NOG VRA.... ONTHOU JY VIR JUF MOLLY JOUBERT? JYT SANG BY HAAR GENEEM IN JHBG.
EK HET OOK BY HAAR GENEEM TOE ONS IN PARYS GEBLY HET, EN SYT ALTYD SO BAIE "GEBRAG" MET JOU.
LEKKER AANDJIE
BLESSINGS...
WILNA
Elize Olckers
Wed, 12/02/2009 - 10:19
Hallo Sonja
Het nie gister vergeet nie, was net TE besig. Maar liewers laat as nooit! Baie geluk met jou verjaardag! As ek soos jy kan lyk 57 gee ek glad nie om om ouer te word nie. Hoop daar lê 'n wonderlike jaar vir jou voor! Sterkte met al jou nuwe projekte. Liefde Elize O
Raymond Harry
Tue, 12/01/2009 - 18:19
Dear Sonja
Congratulations on your birthday. May you have many more birthdays and may all your days be happy days. Your fan, Raymond.
Hugo
Tue, 12/01/2009 - 09:08
Liefste Sonja
Baie geluk met jou verjaarsdag - -as alle vroue maar soos jy kon lyk op 57 - grappie - maar waar !! Ek weet 2010 gaan jou groot jaar wees!
Liefdegroete
Wouter Hugo: Kaapstad
Hannelie
Tue, 12/01/2009 - 08:15
Liewe Sonja,
Baie baie geluk met jou 57ste verjaardag vandag. Mag dit 'n wonderlike dag en jaar wees wat vir jou voorlê en mag die Here jou uit jou sokkies seën met baie baie liefde.
Ons is lief vir jou!!
Liefde - Hannelie Horn, Worcester
Mariaan Energi
Sun, 11/29/2009 - 07:51
Hi Sons.
'n Nuwe sonskyndag - hoe wonderlik na al die reen en hael !
Jy lyk stunning oppi voorblad van Vrouekeur ! Goeie artikel ook.
Al moet die voorblaaie dit uitroep, ma raaksien sal ons jou.
Groete
Mariaan Energi
Middelburg
dee_bekker@yahoo.co.nz
Sat, 11/28/2009 - 03:44
My mamma het al jou musiek en praat net met lof van jou.Wens ek het jou as persoon geken.Jy is vir my n groot inspirasie.Ek sal bid vir jou pa en jou hele familie vir die moeilike tydjie waardeur jul nou gaan.
Jy is awesome
Dee
AnnaBesem
Thu, 11/26/2009 - 20:04
Liewe Sonja,
JY IS 'N PêREL! Jy inspireer my nog na al die jare.
Ek glo jou nuwe CD sal 'n groot sukses wees en ek sien vreeslik uit daarna.
Bly lief vir jou.
mpienaar
Wed, 11/25/2009 - 13:50
Hallo Sonja
Ek moet net vertel hoe lekker dit is om die goeie nuus te lees rakende jou nuwe album. Wow - 9 nuwe songs en 20 ander treffers weer heropgeneem ... ek kan net dink dat dit ongelooflik gaan wees! Ek sien beslis vreeslik baie uit na hierdie een!
Beste wense
MARTIN
debbie labuschagne
Tue, 11/10/2009 - 12:57
Liefste Sonja! Vandag was die beste dag van my lewe. Ek het shopping gaan doen by wonderpark. Onverwags het ek u daar ontmoet en u handtekkening gevra. Ek was vreeslik bang maar u het my gou rustig laat voel. Ek het u handtekkening geraam en sal die dag vir altyd onthou. Liefde Debbie Labuschagne.
Dries
Mon, 11/09/2009 - 09:11
Na aanleiding van Hugo se boodskap net die volgende: Ek hoop Huisgenoot doen wat hulle belowe het en vereer Sonja. Haar verering is "long overdue"! Sonja is 'n inspirasie vir menige mense en Manuel Escorcio het eendag LANK gelede op TV genoem dat as Sonja se musiek miskien "vergete" raak, sal haar persoonlikheid en opregtheid die mense altyd bybly. Ek is baie bly Sonja werk aan haar nuwe CD. Haar bewonderaars sal beslis sorg dat haar musiek gehoor word!
mpienaar
Tue, 11/03/2009 - 18:26
As you grow up, you learn that the one person that wasn't suppose to ever let you down most probably will.
you will have your heart broken more than once so remember how it felt since you'll break hearts too.
you'll fight with your best friend.
you'll blame a new love for things that the old one did or did not do.
you'll cry because time is passing too fast , and you'll lose someone you love.
so take too many pictures, laugh too much, and love like you've never been hurt ... because every minute you spend upset is a minute of happines you'll never get back.
DON'T BE AFRAID THAT YOUR LIFE MIGHT END - BE AFRAID THAT IT WILL NEVER BEGIN.
Brian Hairbottle
Wed, 10/28/2009 - 17:12
Thanks for all you have been and done Sonja. I a so glad to have found you on Facebook and can have a connection to home again through your music and being able to watch your videos, being so far from it in the USA. I have been a long standing fan of yours. Thank you for all your music and for the wonderful songs you do. You are a great lady and wonderful person, and very beautiful, always stay that way.
mariettec
Wed, 10/28/2009 - 15:11
Baie dankie vir Marthina Oosthuizen se storie oor haar moedige stryd met Sistemiese Lupus Erythmatosus. Dankie Marthina vir jou voorbeeld en deursettings vermoë. Ek glo dat God my ook, soos jy, deur my siekte sal dra.
Ek het vir die afgelope vier jaar oneindig baie pyn, operasies, dokters en dokters ongkostes gehad en is twee maande terug eers met SLE gediagnoseer.
Mariëtte
Ina Pretorius
Wed, 10/28/2009 - 07:53
Hi Sonja
Ek het gister na 'n CD geluister van 'n klomp jare gelede waarop jy saam met ander kunstenaars Kersliedere sing. Dit het weereens soveel vrede en vreugde in my hart gebring. Dankie vir jou en baie seen.
Groete
Ina
Jeannie
Mon, 10/26/2009 - 20:20
Hi Sonja,
Jy het gevra dat ek jou moet laat weet wat ek van "Die meisie van Nigel gedink het". Weereens, het jy dieselfde ding gedoen wat jy al aan my doen sedert ek 7 jaar oud was. Jy het my betower. Jare terug, was dit net ek en jy, terwyl my ouers besig was om the skei, en ek alleen as meisie by my pa in Oshakati moes agterbly. So het ek dae lank op die mat gele en na jou geluister terwyl ek so na my ma verlang het en slegs jou stem vertroosting gebring het. Oor en oor en oor.
Vandat ek jou boek by die Barnyard gekoop het, was dit weer so - ek en jy alleen. Dankie vir die insig, en die mooi woorde wat jy vir my geskryf het. Ek sal jou vir ewig dankbaar wees vir die impak wat jy in my lewe gehad het.
Mag die Here jou en jou kinders so ryklik seen. Hoop om jou sommer weer een van die dae te sien.
Liefde groete
Jeannie
Hugo
Thu, 10/22/2009 - 13:57
Hi
Voordat die Huisgenoot Rouspel storie verder gaan - ek die aangeleentheid opgeneem met die Readkteur van Huisgenoot en die volgende terugvoering ontvang - :"Jimmel, maar mense is darem gou om motiewe te bevraagteken! Ons het sonja nie deel van die tien gemaak nie omdat ons reken sy is te groot om saam met ander mense vereer te word. Ons wil haar graag een jaar, dalk al volgende jaar, op haar eie vereer."
Groete
esmare
leoni
Thu, 10/22/2009 - 08:15
Ek moet se, 10 Ikone en nie Sonja Herholdt - hoe kry 'n mens dit reg??
Wie is Wie was 'n heruitsending van 2002. Die inligting op die program was dus verouderd. Nuwe cd kom vroeg 2010.