Gasteboek

LW: Sekere gedeeltes van hierdie webwerf is slegs in Engels beskikbaar

Los gerus 'n bookdskap in my gasteboek.

Hugo

Liefste Sonja

Ja kyk - die stukkie van Perels klink na treffer materiaal en ek het geen twyfel dat die radiostasies die keer kan meld dat dit 'n nie-kommersiele produk is nie. Ek glo en is oortuig dat die CD en songs tot sy reg sal kom met die regte bemarking en musiekvideo's - dis tog altyd die videos wat in mense se koppe bly vassteek - neem maar nou daardie tyd "Skipskop" en die onlangse E"k verlang na jou" video soos op Reconstructing Alice. Jy is groter en staan sterker as ooit tevore en ek is oortuig dat dit die regte stap vorentoe is en ons - jou "fans" stap dit saam met jou.

Liefdegroete
Wouter: Kaapstad

mpienaar

Hallo Sonja

Ek't nou-net na die stukkie van PERELS geluister, en ... WOW - WAT 'N GREAT SONG!!!
Ek is SO opgewonde en ek bid saam vir baie sukses met die nuwe album!

MARTIN PIENAAR

thora dollenberg

Sonja you are an inspiration to me... have always loved your delightful personality and zest for life.
May God bless you to go onto to do more and more to encourage us South Africans..
Love
Thora

Maica

Hi Sonja,
Ek is al vir baie jare 'n groot bewonderaar van jou. Deur al die jare het jy staande gebly, en jou kop hoog gehou. Jy was weereens stunning gewees op noot vir noot laawweek.
Hou aan met jou goeie dade dit word gesien en baie waardeer.
Maica

shauna

Hallo daar Sonskyn, jy bly baie pragtig. Ek is n fan van in die 70's en absoluut gek na jou musiek. n Ware Diva en verseker n kunstenaar. Sonja bly altyd so n pragtige mens !!

Hugo

Sonja

Jy was fantasties op Noot vir Noot - jy straal soveel vrede uit - jy is ongelookflik!

Wouter
Kaapstad

nico

HI Sonja. Ek het jou die eerste keer gesien op Bapsfontein in 1974. EK het toe gedink jy is pragtig en al wat verander het, is dat jy net mooier geword het. Ek is ook enkellopende kind van Jesus. Hoop ek kan jou eendag ontmoet; dalk oor 'n koppie koffie iewers in jou besige program.
Groete en Blessings.
Nico

Lene Ellis

Hello Sonja
Weet nie hoekom ek nou eers by jou website uitkom nie, maar liewer laat as nooit, sou ek se.
Ek stem saam met almal hieronder. Van klein dogtertjie af is ek mal oor Sonja. Ek het Sonja se solo sewes gehad. Jantjie, Ek verlang na jou, Al le die berge nog so blou! Toe kom jy sing op Riviersonderend. My tannie koop vir ons kaartjies en ons gesin sou vanaf Greyton deurkom vir die aand. Maar toe le die klein dogtertjie van 5 of 6 siek in die bed, met masels. My hart was gebreek (en ja ek onthou dit vandag op 40 nog - dis nie maar net 'n storie wat iemand my vertel nie.) My tannie het steeds na die konsert gegaan. Die Juffrou wat sy is, het sy gesorg dat ek 'n kosbare herinnering het van iemand wat ek so baie van hou. Sy het 'n plakkaat gaan maak met jou foto op. Bo op het gestaan EK VERLANG NA JOU. Onder die foto was haar toegangskaartjie geplak waarop jy vir my boodskappie geskryf het: aan n klein siek dogtertjie, hoop jy word gou gesond, Liefde, Sonja. Sy het ook 'n koord aan die plakkaat gesit en dit het al die jare in my kamer gehang. Grootste fan ooit! Ek sou eers in die Hoerskool weer die kans kry om 'n konsert van jou by te woon, op Worcester. En verder onthou ek meer en meer konserte en dan die dag wat ek en my Tannie by jou op die kleinhoewe kom kuier het! Timmy was 1 en het die dag begin stap! Awww, lekker herinneringe.
Sonja, ek is nog steeds n fan. Nadat ek jou boek gelees het, n groter fan. Jy doen fantastiese werk en jy is en sal altyd 'n fantastiese kunsternaar wees en my gunsteling.

Luv ya!

Lene

Annette

Hallo Sonja
Jy sal altyd vir my `n ligende bly, met jou eg oorsprongklikheid vandat ek as kind kon onthou, vandag is ek 42 en steeds het ek `n bewondering vir jou met alles die hartseer langs die pad, jou diepe Christin wees en.... ja weet jy elke keer kan mens sien hoe Jesus jou dra en weer veilig neersit waar dit veilig is, asook jou volkome vertroue in hom, dit was altyd sigbaar, Vandag is ek ook `n mamma met groot kinders met teleurstellings en hartseer agter my en met Jesus aan my sy kan ek berge verskuif. Sonja as so na jou kyk dan lyk jy vir my soos hierdie Engel wat Jesus vir ons gestuur het om vir ons te sing. Sy liefde skyn helder uit jou.
Jy het baie mooi gesing vanaand dis die dat ek voel ek vir jou wil vertel hoe pragtige mens jy is, jy moet tig weer `n draai in Bethal kom maak.
Groete Annette

Marthina Oosthuizen

Liewe Sonja
Dankie vir Noot vir Noot se songs - dit was weereens briljant - ag en die golden oldie! When I grow too old to dream - eish - wat van 'n album met al daai ou liedjies?

Mooi naweek en jaar vir jou!

judskap

Liefste Sonja, jy was WONDERLIK op Noot Vir Noot vanaand!!!! Keep up the good work! Jy is 'n "blessing"

magda

Hi Sonja
Baie opgewonde oor jy op Noot vir Noot gaan wees vanaand. Baie geluk ook met Perels kan nie wag om dit aan te koop nie, en ek weet sommer dit gaan baie suksesvol wees. Het al lank uitgesien na 'n nuwe CD van jou. Dit is ook ongelooflik hoe ouer jy word hoe meer stunning lyk jy.
Mooiste wense
Groete
Magda

Andre Bouwer

Hi, Sonja!
Dit is 'n voorreg om by die Sonja Heroldt-ondersteunersgroep aan te sluit! Dankie vir die pragtige musiek waarmee ons kon grootword en baie dankie vir die wonderlike rolmodel wat jy vir ons Suid-Afrikaners is. Mog ons jou nog lank gespaar bly!
Groete
Andre

cindy horn

Baie dankie dat jy al my kinder jare daar was om my en my suster en broer te "entertain". Vandag voel ek soooo trots dat my dogtertjie net so versot is op jou musiek en sy dit graag sing. Ek hoop ek sal nog daar wees die dag as my klein kinders jou musiek ook oor hul lippe bring.

Syt jou gekies as haar legende wat sy by montana traders moet sing en ek kon nie dink aan 'n beter keuse nie.

Mag jou gees in almal uitleef as hul haar jou musiek hoor sing. Dit bring net die goeie herhinderine terug en soms is dit genoeg om jou deur te dra.

Baie liefde
Cindy Horn'+'horn.'+'cindy@'+'gmail.'+'com'+'');
//-->

hermi

Hi Sonja !
Dis nogal lekker om 'n boodskap te los hier - ek is 'n ou "fan" van jou - nie net jou musiek nie maar vir wat jy as 'n mens - 'n vrou - beteken vir so baie mense. Musiek is die "blessing" wat jy het om jou mooiheid na ander deur te gee en ek is een wat deur jou so aangeraak word... geluk met die nuwe CD, ek sal dit graag aanskaf !
Baie baie groete en 'n mooi jaar
Hermi

Hugo

Sonja -
Dit was 'n wonderlike gevoel om jou op jou website te kon gaan en te sien joe die omslag van jou nuwe CD lyk - met een woord - pragtig!
En wens vir jou die mooiste jaar toe - (sonder enige verdere Jurie-sages - hy moet maar nou terugkeer van waar af hy kom en daar bly)
Kan nie wag om jou nuwe CD te luister nie!!
Liefde
Wouter
xx

charmaine

Sien uit daarna om jou op Noot vir Noot te sien.
Groete
Charmaine Tolmay

Rene

I have this friend I met 30 years ago
Her first song was Ek verlang na jou
This friend is special, sweet and kind
This friend's the best friend I know

This friend always listens to me
While I pour my feelings out
This friend helps lift me when I'm down
Or when I'm feeling doubt

This friend has such good advice
This friend is as good as gold
This friend is always reaching out
When I need a hand to hold

I can tell this friend 'most anything
And know it's between us two
This friend is like none I've had before
This friend is none other than you
May you my friend have a wonderfull
christmas with your family.

Lots of love
Your friend Rene

Liana Lourens

Hallo Son-vriendin
Dis jou Strand-vriendin. Die kaap verlang sommer lekker na jou, jy kan gerus weer kom kuier. Ek het die laaste paar weke baie aan jou gedink, mag jy oneindige vrede en troos by ons Vader vind - wat beloof dat Hy 'n Vader vir die vaderlose is... Ek het ook aan een spesifieke geleentheid 22 jaar gelede gedink op die trappies by die Goeie Hoop sentrum waar jy soveel wysheid in my lewe ingespreek het " Only God Promotes" - wel dit wil lyk of daar groot seën rus op my kinderbediening van die afgelope 3 jaar, baie lank gewag maar baie dankbaar. Ek sien met groot verwagting en opgewondenheid uit na jou nuwe CD - its about time, die musiekwêreld het jou ook gemis. Groot vreugde Liana

Hugo

Liefste Sonja
Kan nie glo die Jaar is amper om nie, maar sien uit na 2010: :- Ek weet jou "Perel" Album gaan 'n groot sukses wees ; Huisgenoot gaan einde ten laaste wakker skrik en jou vereer vir al jou harde werk; die movie "Liefling" gaan suksesvol wees en jy gaan nog vir baie baie lank 'n inspirasie vir vrouens wees met dit waarvoor jy staan en uitbring in jou huidige vertonings --
Ek wen jou en Mike 'n geseende Kersgety toe en net die beste vir 2010.
Groete
Wouter (Kaapstad)