LW: Sekere gedeeltes van hierdie webwerf is slegs in Engels beskikbaar
Los gerus 'n bookdskap in my gasteboek.
Juanita Buys
Wed, 05/26/2010 - 22:30
Liewe Sonja
Ek het pas tuisgekom van een van jou motiveringsveldtogte. Die hartklop van vrouwees, Lugmag basis Makhado 26/5/2010, ek was die seremonie meesteres. Ek wil nie vanaand gaan slaap voordat ek vir jou se hoeveel jou boodskap vanaand vir my beteken het nie.
Jou liedjie Jantjie het my terug gevat na my gelukkiger kinderdae, die goeie tye. Ek onthou dat ons as n gesin Drive-in toe gegaan het om een van jou films te gaan kyk. Ek onthou nie die film se naam nie maar ek onthou dat jy Waterblommetjies in hom gesing het en ek het gedink jy is vreeslik mooi. My kinderdae was moeilik en op plekke baie hartseer. Jy het n besef in my wakker gemaak vanaand. Ek het altyd my eie waarde gemeet aan wat my ma van my dink en of my optrede haar goedkeuring wegdra. Maak nie saak hoeveel onderskeidings, diplomas en grade ek gekry het, hoe suksesvol ek in my beroep of gesinslewe was nie, dit het niks beteken nie. WANT EK HET NIE GESTOP OM DIT TE WAARDEER NIE, OM TROTS OP MYSELF TE WEES NIE. Ek het net van een doelwit na n ander gejaag omdat ek nie besef het wat belangrik is nie. Dit is nie belangrik dat my ma op my moet trots wees nie. Ek is n goeie, suksesvolle vrou en ma, as gevolg van die slegte tye, en daarom kan ek trots wees op myself.
Ek het n vriendin saam met my na jou optrede gevat vanaand, sy het haar dogter 2 jaar terug verloor in n motor ongeluk. Dit het haar baie verander. Jy het vanaand al die dinge vir haar gese wat ek die laate 2 jaar vir haar wou se maar nie geweet het hoe nie.
Baie dankie vir jou besonderse werk! Jy is n instrument in God se hand !
Groete
Juanita
Hugo
Mon, 05/10/2010 - 10:31
Hi
Ek stem saam met Frans - die video is uitsonderlik en kan ek nog 'n voorspelling waag - 'n musiekvideo van Sonja en Simeon se song sal die volgende regte besluit wees. Pêrels is besig om meer en meer gespeel te word op die radio en is ook nou 'n duidelike gunsteling in "Jukebox" sondagaande. So - die platform is alreeds geskep vir 'n defnietiewe "hit-song".
Hi Son,
Baie geluk met Perels! Ek luister die CD oor en oor - dis so lekker om weer te hoor hoekom jy van kleins af al my all time favourite is!
Gisteraand die insetsel op Glitterati so geniet, ek moes website toe! So bly ek het, want sien toe die vol musiekvideo op YouTube! Amazing!
Dis regtig iets besonders waarop jy, en ons jou fans natuurlik, baie trots kan wees. So nuut & vars, en jy lyk pragtig! Sonder om nou te drama-rig te klink, vat dit mens ook op 'n manier bietjie terug na die begin, en op reis deur al die "sonjare", die met son, maar ook die met minder son. Baie soos Meisie van Nigel wat ek net nie kon neersit nie.
Baie dankie, en baie sterkte met Perels.
Sien so vreeslik uit na Woensdag by Patat!
Liefdegroete, altyd
Frans Viljoen
jaco viviers
Mon, 04/26/2010 - 08:36
Liefste Sonja , ek was Saterdagaand by jou Perels konsert in Centurion . Ek kan net se WOW , wat n wonderlike ervaring , ek , my ouers en vriende het dit BAIE geniet ! Dit was baie lekker toe jy my uit die gehoor kom haal het om Harlekyn saam met jou te sing , ek sal dit NOOIT vergeet nie , jy het n baie spesiale plek in my hart en ek is baie lief vir jou . Groete , Jaco ;-X
Raymond Harry
Sun, 04/18/2010 - 19:36
Dear Sonja. At last I have managed to procure a copy of your CD, Perels. It was sold out in East London almost immediately when it arrived. I love this CD. It is a true delight to listen to the music. Congratulations on your beautiful CD. Your music videos are also very beautiful. I would like to know the location where the Perels music video was made. The rocky scenery is very interesting and it adds mystery and class to the video. The strange shapes of the rocks in the scenery help to make the video quite extraordinary and magnificent indeed. What a magnificent location for a music video. I also enjoyed very much your show on Dis hoe dit is met Steve. Your fan, Raymond.
PRDIGM
Sun, 04/18/2010 - 12:00
Sonja, I did not following your singing career while in South Africa but I did see you perform at Rhema sometimes in the '90s. I also did not know that you were born in Nigel. I went to boarding school at St Hyacinth Convent in Commissioner St (later renamed Hendrik Verwoed. Nevertheless I am in Italy today when I opened my computer listening to < http://www.youtube.com/profileuser=SugarbabyLA&annotation_id=annotation_... > your name came to mind and I was prompted to pray for you. So I have and I hope you have a wonderful day blessed by God.
Hugo
Thu, 04/15/2010 - 13:40
Hi Sonja
Wil darem net vir jou sê dat die musiekvideo is sekerlik een van die mooistes wat ek nog gesien het - wel gedaan!
Groete
Wouter
Mariaan Energi
Mon, 03/29/2010 - 20:51
Hi Sons.
Lekker om na jou nuwe CD Perels te luister. Radio Kragbron in Witbank speel hom baie en ek glo die mense is goed bewus van hom. Jy klink stunning !!! Nr van jou en Simeon is treffend. Mooi bly en groete vi Mike.
Lovies
Mariaan Middelburg MP
Hugo
Mon, 03/29/2010 - 09:47
Liefste Sonja
Het oor die naweek Pêrels gekoop en na geluister. Baie geluk met 'n produk wat tegnies baie goed versorg is - jy het nog nooit so goed geklink nie en die vertolking van jou die ou Treffers is nuut, vars en van die mooiste klavier en ghitaarspel op! Jou nuwe is songs is baie goed en Pêrels/Cederberge/Lewensdroom/En jy vloei en Vlieg Hoog staan defnitief uit as die treffers. Jy is voorwaar 'n aktrise met jou stem en bly een van die beste Divas van SA - sien jou by Patat in Kaapstad.
Groete en liefde
Wouter
DW
Sun, 03/28/2010 - 01:12
Hi Sonja,
Baie geluk met Perels! Ek het dit vandag aangeskaf. Kon nie wag nie vir die pos nie.
Die fyn balans tussen nuwe en bekende liedjies maak dit 'n besonderse album. Met die eerste luisterslag klink die nuwe nommers al klaar bekend, wat vir my altyd 'n goeie aanduiding is van 'n album wat goed kan doen, en natuurlik speeltyd op radio behoort te kry! "Ons vlieg saam" saam met Simeon is pragtig.
Dankie vir jou en jou span se harde werk! Ek hoop om jou binnekort by Centurion Teater te sien.
Beste wense,
Nelus de Waal
Neeltjie
Fri, 03/26/2010 - 09:34
Ek dink ons moet almal een cd koop en almal 5 cd's gee vir vriende wat al vergeet het hoe mooi sing Sonja!
Dries
Tue, 03/23/2010 - 12:24
CD reeds gekoop. PUIK!!!! Die nuwe songs is diep en hoendervleis mooi. ek hoop hierdie CD sal baie goed verkoop en 'n draai maak op DKNT. Groete
jaco viviers
Mon, 03/22/2010 - 09:09
Liefste Sonja , Ek het gister jou nuwe cd , Perels gekoop by Look & Listen , Menlyn , en ek is BAIE beindruk met jou nuwe liedjies asook jou treffers wat nuut opgeneem is . Die cover is pragtig , grimering en hare is uitstekend , komplimente vir Claudia !!! Sonja , jy straal positiwiteit en liefde uit , en jou pragtige glimlag is SO mooi , jy lyk NIE n dag ouer nie , jy is beeldskoon . Baie geluk met Perels , dit is puik ! Sien jou die 24ste April in Centurion . Liefde , Jaco :-X
pmatthee1@gmail.com
Sat, 03/20/2010 - 21:24
Hi Son! Ek luister nog aaneen na Perels! Met elke weer luister raak die songs net mooier! Daar is beslis 'n klomp treffers! Jy moet se hoe help ons om aan radio stasies se deure te klop! Voorwaar WEL GEDAAN!!
Lief Jou!!!
Pierre
Retha Nagel
Wed, 03/17/2010 - 21:55
Hi Sonja dit was so lekker om jou inspirerende show by Adamantia in Kby te kon bywoon. Ek is + bly n groot fan. Tx v jou besielende boodskap. Kani wag v nuwe cd! Bly asb so skitter! Liefdegroete Retha
mpienaar
Fri, 03/12/2010 - 18:28
Ek luister oor en oor na die stukkie van 'PERELS' ... dis vir my ongelooflik mooi! Sonja het darem maar net 'n talent om 'n liedjie so spesiaal te kan vertolk!
MARTIN PIENAAR
Wilna
Thu, 03/11/2010 - 19:28
Hi Sonja
Die snippertjie van Perels bring 'n ongelooflike gevoel van afwagting! Sien uit na die cd, sal maar moet diep asemhaal en nog 'n bietjie wag ... laat dit net nie meer te lank wees nie :-)
Wat is die moontlikheid van die lirieke van die song in die lede area?
Wagtend die uwe (saam met soveel ander)
sharon
Fri, 03/05/2010 - 16:50
Liewe Sonja, baie dankie dat U dit nog moontlik vir ons die normale en eenvoudige "man op die straat" om na iemand soos U te kan opsien, en om waardes van te leer, 'n persoon uit wie jy die liefde vir haar medemens en God kan sien straal en nog te kan tyd maak vir ander wanneer hulle nie eens tyd kan maak vir hulle self nie, ek wil net weereens vir U bedank vir U bedagsaamheid en die feit dat U nie geskroom het om my versoek aan U te bewaarheid toe ek gevra het of U my moeder op haar verjaardag sou skakel nie. U sal nie glo hoeveel dit vir ons beteken nie. HOU ASB AAN MET DIE FANTASTIESE WERK WAT U DOEN, GROETE EN BESTE WENSE Sharon
thelma nel
Fri, 03/05/2010 - 07:56
Hi Sonja,
Nooit gedink ek sou jou en Steve Hofmeyr op een foto sien nie. 'Want tussen lyne staan geskryf wat net ons weet' ................ Ha ha ha ...... kan nie wag vir daai program nie. Ek wil net se die fotos wat lately van jou geneem is, is stunning en jy lyk by die dag jonger my vriendin. Ek kan nie wag vir Perels nie en kyk die rakke stukkend. Hopelik kan ek een direk by jou bestel wat geteken is.