Gasteboek

LW: Sekere gedeeltes van hierdie webwerf is slegs in Engels beskikbaar

Los gerus 'n bookdskap in my gasteboek.

Hugo

Hi
Boodskap van Ursula verwys. Ek dink 'n mens kyk hier na 'n catch 22 situasie en dit is baie moeilik om diesulke inligting te beperk tot wat sekere mense in die gehoor wil hoor en nie wil hoor nie. Vir baie mense wat hierdie vertonings van jou al bygewoon het, was die inligting van onskatbare waarde en gee jy vir party 'n hernude uitkyk op sekere van die punte wat jy uitlig. Nieteenstaande die feit dat ek respek het vir Ursula se eerlike mening /opbouende kritiek en ek hoor wat sy sê, weet ek dat daar ander was wat al baie baat gevind het by die tipe van insette in jou vertonings. Baie moeilik om almal te alle tye tevrede te stel - ander sal weer dink dit is WEL die regte plek en regte tyd vir die tipe van benadering aangesien dit 'n intergrale deel vorm van jou oorgrote doelwit met die tipe van vertonings. Groete

Ursula

Hi Sonja,
Jou vertoning is pragtig en ons was almal weggevoer. Ek wil net 'n voorstel maak. Daar was 'n dame in die gehoor gewees met terminale kanker. Dit was regtig vir haar baie lekker gewees. Ek het net biejtie ongemaklik gevoel oor die "bemarking" van polisse en al die gevare van siektes, egskeidings ens. Ek verstaan die sin van mens wil voorbereid wees in die lewe, en dis reg om daai inligting te wees. Maar van haar oogpunt en myne ook, dis 'n dag wat jy wil geniet. Ek voel net daar is 'n plek en 'n tyd vir als. Die polis ding, kan dalk na die tyd gedoen word of dalk 'n skip gegee word. Ek sal defnitief weer na jou vertonings kom, dit was pragtig!

Hugo

Hi Sonja
Ek dink dit was ongelooflik braaf van jou gewees om in te staan en vir Rudie in 'n moeilike tyd te help om 'n voorafbeplande vertoning te finaliseer. Dis nou ware kunstenaarskap en professionele bystanding!! Dis nie almal wat dit sou kon doen nie en ander kunstenaars kan so baie van jou leer. Ek salueer jou vir jou wysheid en integriteit; waarmee jy altyd soveel respek afdwing by menige mense.
Groete
Wouter (Kaapstad)

Sonja Snyman

Hi Sonja
Baie dankie vir jou wonderlike wyse waarop jy vroue weer laat glo in hulself. Jy is vir alle vroue 'n inspirasie en ek glo dat jy op vele gebiede in jou eie lewe geseend gaan wees, net omdat jy vir vroue wat
minder belangrik voel 'n boodskap van hoop uitstuur!!

Jou musiek - wat kan 'n mens nou meer se as 'FANTASTIES' Moet asb nooit jou stem laat stil word nie, jy het 'n besonderse gawe en raak mense aan deur jou musiek!!!

Sonja Snyman

vanhetbaci

More than 35 years ago I heard your song "Ek verlang na jou" for the first time. Now, after all those years, we found you back on the Internet. And believe me, we still enjoyed it. Good memories and a great voice.
I am intend to get the old record and so try to re-create the complete story. That time I had only a copy on tape.
What I heard on the Net just now is still great. Yes, your song, it is still going strong and motivating!
Bart

magda

Sonja jy is so 'n goeie voorbeeld vir ons as Suid Afrikaners. ek dink die liedjie met Simeon is die mooiste wat ek nog gehoor het van enige kunstenaars, ek google dit omtrent elke dag. Simeon is 'n pragtige jong man met die mooiste glimlag. Ek hoop ons kry beslis nog van julle twee te siene in die toekoms. Bly die pragtige persoon wat jy is en moet laat niks jou onder kry nie. Sterkte
Groete
Magda

arietlouw

Hi Sonja,
Ek het jou jare gelede in Mosselbaai ontmoet toe jy opgetree het tydens 'n stranddiens aksie. Ek het vir jou 'n hamburger na die vertoning warm gemaak en voel nou nog skaam oor die feit dat dit oorverhit en baie onsmaaklik gelyk het. Jy het dit egter verslint. Hulle se nie verniet dat honger die beste kok is nie.
Baie dankie vir jou jare lange toewyding aan ons Afrikaanse musiek wereld. Jou liedjies en stem bly 'n wenner.
Liefde
Ariet Louw

Judy Strydom

Hi Sonja,
I just wanted to let you know that you are a very special lady. You are making a difference in this world and I want to thank you for that! I am sorry for all your pain that you had to go through in life, however, that made you who you are today, ONE SPECIAL, REMARKABLE LADY. I read your book and want to compliment you. Through everything you experienced, you stayed a lady! I take my hat off to you. Keep on doing what you are doing. You are touching a lot of lives in this sad world we live in.
Love
Judy

ReneVisser

Ek het gister skouspel 2010 gekyk, en toe jy op daardie verhoog verskyn, kon ek nie anders as om in trane uit te bars nie. Jy is sowaar 'n pêrelprinses. Jy is so nederig. Jy loop met grasie en selfvertroue. Jy is soos 'n prentjie uit 'n sprokiesverhaal. Jy het my al deur soveel dinge in my lewe gehelp sonder dat jy eers daarvan bewus was. Die tyd toe my pa oorlede is het ek 1 van jou opvoerings bygewoon, en ek het die voorreg gehad om heel voor te sit. Daardie aand sal ek koester vir die res van my lewe. Dankie vir daarvoor.
René Visser

frans.viljoen

Liewe Son,
Gisteraand 'n uitsending van die Vonk Toekennings gekyk. Ja nee, as 'n mens alles in ag neem van Perels (incl. die stunning musiekvideos), tot Skouspel & Vonk, en dan ook nog Liefling - Die Movie, dan was 2010 voorwaar JOU jaar! Dis so lekker vir al ons ou Sonja-fans deur al die jare om jou weer so gereeld te sien en te hoor! En dit na 35 jaar... Sjoe! Well done! You go girl!
Baie baie voorspoed en sukses vir 2011, en die volgende era!
Liefdegroete,
Frans Viljoen, Kaapstad

Sonja Pedro

Sonja, ek was onlangs by jou "hartklop van 'n vrou" musiekmotivering vertoning in Kempton Park. Jy is pragtig en lyk nie 'n dag ouer nie:) Baie dankie vir jou inspirerende boodskap. Ek is seker daar was baie vroue wat met nuwe moed daar uitgestap het.

Groete
Sonja P

Hugo

Sonja - baie geluk met jou verjaardsdag. Mag hierdie dag en die jare vorentoe net vir jou die beste bring!
Groete
Wouter
Kaapstad
xx

Raymond Harry

Dear Sonja
Congratulations on your birthday. May you have many more happy birthdays.
Your fan
Raymond

empireinc1@iburst.co.za

Hi Sonja,
Baie geluk met die herdenking van jou geboorte dag. Mag jy vele voorspoedige vreugdevolle jare vorentoe beleef. Onthou God sal jou nooit op 'n klipperige pad vat sonder om jou van geoie skoene te voorsien.Mag jy nog net vreugde saai en ons nog steeds jou wonder mens en persoonlikheid kan geniet vir jare wat voor le
Net die beste,
Hennie van Heerden

thelma nel

Verjaardag Wense vir my Pêrel Vriendin!!!!
Mag hierdie jaar (soos ek vanoggend genoem het) vir jou meer sukses inhou as al die vorige jare in jou lewe en mag die Here jou seën met goeie gesondheid, oorvloedige liefde, ongekende geluk, 'n suksesvolle loopbaan en finansieël vir jou genoeg en meer gee as wat jy nodig het. Baie dankie vir jou vriendskap en veral weer hierdie afgelope paar maande. Dis mense soos jy wat net altyd bly inspireer en glo in opstaan en weer probeer, wat my inspireer en ek glo die Here gaan die jaar vir ons almal die moeilike paaie gelyk vee en met voorspoed teer. Ek is lief vir jou Sonja'tjie en ek hoop jy't 'n wonderlike verjaardag. Sal Maandag jou persentjie stuur.
Thelma'tjie xxx

Hugo

Hi Sonja
Inderdaad 'n goue jaar vir jou en ja - jy verdien dit! Van Pêrels tot Skouspel en Vonk toekennings tot Liefling. Baie mooi artikels in "Keur" en die jongste "Sarie" van jou. Niks som dit mooier op as die opskrif in die artikel in Sarie nie "ALTYD 'n STêR". Het gisteraand se uitsending van "Jam Sandwitch" geniet en sien uit na Pasella se insetsel vanaand oor "Liefling"
Groete & liefde
Wouter

frans.viljoen

Dejavu!
Hi Son, so doen jy dit toe sommer weer in 2010... Die STER van Skouspel, en op die silwerdoek in Liefling! Voel soos die laat 70's en vroeg 80's met al jou Sarie's en Harlekyn - alles weer van voor af.
Weereens baie geluk en sukses - jy verdien net die beste!
Liefde,
Frans
x

JonathanHawley

Hi Sons!
Ek was 10 toe Waarom Daarom uitgereik is. Pragtige album. Ek sukkel net my dood om hom in die hande te kry.
Jonathan

Christelle van Wyk

Baie dankie vir jou biografie (Sonja, meisie van Nigel) en jou motiverings optrede (Die hartklop van vrouwees). Ek dink regtig jy is 'n engel wat gestuur is om ons vroue se harte oop te maak! Dankie!

christa myburgh

Ek en my dogters het vandag Liefling gaan kyk. Dit was fantasties en jy is nog net so jonk en pragtig. Christa en dogters