LW: Sekere gedeeltes van hierdie webwerf is slegs in Engels beskikbaar
Los gerus 'n bookdskap in my gasteboek.
Hugo
Tue, 08/30/2011 - 12:56
Hi Sonja; ek volg jou loopbaan nou al vir jare en jy is net eenvoudig alle kunstenaars jare vooruit. Van waar jy was tot waar jy nou is, is dit net ongelooflik hoe jy altyd die leiding neem. Van jou treffers; tot Sing vir die Harlekyn (fliek wat die rasse kwessie teen daardie tyd al goed aangeraak het) tot Reconstructing Alice tot Meisie van Nigel en nou jou inspirasie vertonings vir vroue. Vreemd dat as jy iets nuuts begin dat almal jou dit navolg. Jy is en bly die beste van die bestes!!!
Hugo
Veronica Roets
Sun, 08/28/2011 - 15:23
Sonja ek wil net vir jou dankie se vir die inspirasie wat jy is, nag God nou net na hoer hoogtes toe neem.
Nina Pretorius
Fri, 08/26/2011 - 08:38
Liewe Sonja,
Ek het sopas jou biografie klaar gelees!!! Mensig ek moet sê, die boek het my gebind, ek kon hom eenvoudig nie neersit nie!! Jy is al omtrend deur die was! 'n paar keer, en elke keer staan jy net weer op. Dit gaan my definitief in die toekoms help, want daar is baie dae wat ek net in die bed wil bly met my kop toe, dat ek nie kans sien vir alles nie. Jou boek het my geleer dat ons vrouens gee nie op nie, maak nie saak hoe moeilik dit soms is nie. En vir dit wil ek jou bedank. Jy is pragtig en 'n ware pêrel.
Baie dankie
Nina
Hantie
Sat, 08/20/2011 - 20:46
Hallo Sonja
Ek en 'n vriendin het met baie trane en lekker lag, jou inspirasie praatjie baie geniet hier in Kemptonpark by die NG kerk Hoogland. Ek sien jou as 'n perfeksionis wat regtig moeite doen met jou vertonings en nog meer moeite doen om die hart van 'n vrou te raak. Die mooiste deel van die vertoning was toe jy jou "outfit" gedra het oor borskanker en ons laat lag het, maar nog meer toe twee baie ou tannetjies voor in die ry my aandag getrek het. Hulle het so lekker gelag en gedeel aan alle opwinding, ek dink hulle is vandag met ou liggame daar weg,maar met nuwe gees en vrouwees. Dit was wonderlik om te sien hoe hulle straal. Ek glo Jesus het vir elke vrou 'n plekkie in die samelewing en na jou motivering vandag weet ek dat Jesus in elke vrou se hart ook is, ons hoef net te glo en vertrou ons is spesiaal vir hom. Dankie vir jou omgee en geloof in ons as vroue.
Groete
Hantie
isabelcoetzee
Sun, 08/14/2011 - 15:32
Middag Sonja baie dankie vir jou wonderlike praatjie wat jy gelewer het by die funskie van die Suid Afrikaanse Vroue Federasie te Kasteel Elsburg op die 13de Augustus 2011. Ek is ook werksaam by die Savf in Vanderbijlpark. Dit is so wonderlik om te weet daar is iemand soos jy wat ons weer die motivering kan gee om vrou te kan wees. Ons verloor onsself so met die tyd en voel dan nutteloos. Met die Krag van Ons Groot Vader en 'n wonderlike persoon soos jy kan en wil ons net weer opstaan en aangaan met die lewe.
Nogmaals dankie
Net die mooiste en beste word jou toegewens .
Groete
Isabel Coetzee
SAVF Vanderbijlpark
Gerhardt
Fri, 08/12/2011 - 13:11
Hi Sonja,
Ek het ook Pasella gekyk en dit baie geniet om weer iets van jou te sien en hoor.
Ek is seker jou nommer een bewonderaar en ons is in die selfde jaar gebore
Baie groete en voorspoed aan jou en jou familie.
Gerhardt du Preez.
Hugo
Thu, 08/11/2011 - 13:08
Hi Sonja
Het die insetsel oor Pasella rakende jou loopbaan en boek sommer baie geniet! Ook baie bly Harlekyn is nou uit op DVD.
Jy bly die "darling" van Afrikaanse musiek!
Groete
Hugo
jaco viviers
Fri, 08/05/2011 - 14:57
Liefste Sonja
Ek hoop ons sal jou weer hierdie jaar by Skouspel in Sun City sien , dit sal regtig lekker wees !
Mooi bly ;-)
Baie Liefde
Jaco xxx
Esme
Thu, 07/07/2011 - 12:10
Middag Sonja,
Het die artikel in Die Burger gelees oor die Het Gesticht Kerkie in die Paarl wat jy help red. Wil net se dankie. Daardie kerkie beteken vir my en my man verskriklik baie, want ons is 7 jaar terug in hom getroud. Dit is soos jy se daardie plek het net 'n ongelooflike atmosfeer en geskiedenis. Meeste van ons troufoto's is ook daar geneem. Weereens dankie en alles wat mooi is vir jou. Groete Esme
MERLEPECK
Mon, 06/20/2011 - 11:30
Sien uit daarna om jou boek te lees en na jou nuwe CD te luister. Merle x
Raymond Harry
Thu, 05/26/2011 - 12:54
Dear Sonja
What a great pleasure and privilege for me, to see and meet you again in East London, and what an inspiration you are to women and to men. I grow old but you remain for ever young and beautiful. The heavy rain and cold weather was not good for your sore throat. I hope you will get well soon and that we will have the joy of your next visit to East London soon.
Your fan
Raymond
Hannelie Horn
Tue, 05/24/2011 - 10:50
Liewe Sonja,
Wat 'n wonderlike voorreg om jou Saterdag (21 Mei) in Worcester te kon sien !!! Jy is die mooiste vrou - het nog niks verander sedert jou jong dae toe "Ek verlang na jou" en "Jantjie" elke dag oor en oor in die Spangenberg huishouding gespeel is nie. Jy was definitief ons no 1. Maar na soveel jare - ek het ook intussen ouer geword - is jy nog net so treffend, inteendeel, jou motivering en inspirasie doen wondere vir 'n vrou se siel. Baie dankie dat jy ook in elke vrou se hart en vrouwees werk met jou musiek, motivering en inspirasie. JY IS 'N PêRELVROU DUISEND !!!
Liefde Hannelie
Marinka
Mon, 05/16/2011 - 14:15
Hallo Sonja
Ek het bietjie hier kom in loer, en wil sommer hier vir jou dankie sê vir n wonderlike Saterdag oggend in die Strand. Dit was net wat ek nodig gehad het.
Gaan asb voort met dit wat jy doen en met ons as vrou deel. Dit val nie op dowwe ore nie.
Liefde
Marinka
alitavh
Tue, 05/10/2011 - 22:48
Hallo Sonja,
Ek het jou vertoning by Kempton Park Oos Gemeente bygewoon en jou boek en Reconstructing Alice gekoop. Ek was nog nooit 'n kranige leser nie maar jy het my aan die gang gekry. Na ek jou boek gelees het is dit asof ek honger is vir meer. Ek vind myself in die aande soek na leesstof wanneer my seuntjies slaap. Dis nou maar twee maande wat ek geskei is en die seer is nog groot. Maar ek glo jy was reg, hierdie gaan minder as 10 jaar neem. Ek het jou optrede net op die regte tyd gesien. Jy het alles wat ek in my gevoel het bevestig en my hoop gegee. As ma is ons so vinnig om die fout by onsself te soek omdat ons ons kinders perfek wil groot maak. Niemand moet 'n vinger kan wys en se ek het verkeerde keuse vir my kinders gemaak nie. Ek het jou van klein dogtertjie af geadmireer. Dis jou borrelende en energieke persoonlikhied, en vandag weet ek ook die sterk vrou wie jy is, wat my aandag gehou het. Ek kon nie glo toe ek die geleentheid kry om jou in lewende lywe te sien nie. Jy het absoluut elke verwagting vervul en oortref. As daar een spesifieke sin is wat ek elke dag nog herhaal van jou optrede is dit, moenie om jou probleme loop nie, loop deur hulle. Elke keer wat ek wil ompad loop herinner ek myself aan jou woorde en ek pak elke probleem met mening aan, met een doel in sig, om heel, sterker en met integriteit anderkant uit te stap. Dankie vir jou boodskap en die wyse wat jy ons Lewende God verheerlik met jou optredes. Ek kan nie wag om weer 'n vertoning by te woon nie. Ek hou jou kalender dop. Jy is pragtig en 'n groot inspirasie vir al ons vrouens. Mag jy liefde, voorspoed en genade in oorvloed ontvang.
juliana
Sun, 04/17/2011 - 16:59
Goeie Dag Sonja
ek en y skoonsussies en skoonma was gister by jou show in nelspruit,dit het ons asems weg geslaan,en dankie tog vir die tissues want dit wat ons daar uit geleer het is meer as wat ek nou in woorde kan beskryf. dankie vir die goeie en opregte mens wat jy is en ek kan nie wag om die boek wat ek gekoop het na my skoonma te lees nie.ons bid dat met jou optredes wat nog voorle net so 'n betekenis vir ander vrouens,ma's en dogter's inhou.DUISENDE DANKIES
LIEFDDE
JULIANA BOTHA (NELSPRUIT)
Linda
Sun, 04/17/2011 - 12:31
Sonja,
Baie dankie vir 'n ongelooflike vertoning saterdag die 16de April 2011 op Nelspruit. Almal wat my bel kan nie uitgepraat raak oor die vertoning nie. Hoop om weer 'n vertoning van jou by te woon, uitstekend. Hou so aan en onthou hou altyd aan die Here vas en dit sal altyd net beter en beter gaan. Die hele vertoning was amazing.
Dankie nogmaals - Linda
Maya
Wed, 04/06/2011 - 09:39
tANNIE sONJA
Baie dankie vir die baie mooi musiek ons waardeer dit opreg :)
mpienaar
Tue, 03/22/2011 - 11:20
WOW, ek is bly om te sien ons Kapenaars word hier aan die begin van Mei bietjie bederf met al die Perels - konserte! Kan nie meer wag nie! MARTIN.
Christa Mouton
Fri, 03/18/2011 - 09:45
Sonja, dit was vir my 'n groot eer om jou te kon ontmoet in Welkom by Goudveld skool waar ek jou boodskap oor vrouwees vreeslik baie geniet het. Jy is great en het my ook laat besef dat ek ook great is. Ek is die mens wat ek skep. Baie dankie. Jy gaan nog baie lewens inspireer... God met jou. Christa Mouton
jaco viviers
Fri, 03/04/2011 - 16:33
Hi Sonja
Hoop dit gaan baie goed met jou ? Wanneer kry ons bietjie n update op jou webtuiste , dit sal gaaf wees
Groete
Jaco xxx