LW: Sekere gedeeltes van hierdie webwerf is slegs in Engels beskikbaar
Los gerus 'n bookdskap in my gasteboek.
Hugo
Wed, 11/19/2008 - 10:44
Hi Sonja
Die foto's wat pas geplaas is van "Hits van die Sonjare" is fantasties en bring wonderlike herinneringe terug . Vir die wat nie weet nie, dit was aan die einde van daardie jaar aangewys as een van die 10 beste/top vertonings in Kaapstad.
Jou fan altyd
Wouter (Kaapstad)
Neeltjie
Tue, 11/18/2008 - 17:39
Wow! Nuwe foto's lyk so goed!!! Jy lyk pragtig! Nou sien ek eers uit na die vertoning van Sonjare Des 6. Ons is al 12 wat kom! En ek dink die getal gaan nog meer wees. Elke ou wat ek mee praat se hy's in en het bespreek. Nou weet jy natuurlik ek sien maar min mense hier in die bos!!! Net af en toe 'n email want ons het deesdae internet vanaf satellite. Lekker!!!
Deirdre Cloete
Sun, 11/16/2008 - 15:46
Hi Sonja
Jou nuwe webblad is baie mooi, het my asem weggeslaan toe ek dit sien!!(Net so mooi en sag soos jy) Dankie vir jou vertoning hier by ons in Steelpoort, Limpopo. Almal kan nie uitgepraat raak oor die inspererende boodskap nie. Hou so aan. Ek is seker jou bring lig in baie dames se lewens. Sien jou weer!!!!! Jy is wonderlik!!
Liefies
Deirdre
magaleen
Fri, 11/14/2008 - 18:07
Hi Sonja
My ma was een van jou gaste by Upington se vertoning 2008 en sy het erkenning ontvang , maar ek kyk gereeld op jou web tuiste maar kry niks.
Jy's great sy kan nie uitgepraat raak oor jou nie, jy het defenitief pitkos in Upington agtergelaat!! DANKIE
Magdaleen
Kommentaar deur Sonja Herholdt Hallo Magdaleen, jou Ma se erkenning is nog oppad, ek probeer elke week 'n nuwe erkinning plaas. Liefde xxx
Lynette van Wyk
Fri, 11/14/2008 - 13:48
Jou vertoning wat ek bygewoon het die 8ste November was ongelooflik, dit het my uitkyk op vrouwees heeltmaal verander. Jy is 'n wonderlike mens en 'n baie groot inspirasie. Baie dankie vir 'n wonderlike oggend. Ek wil beslis my dogter na een van jou vertonings neem, sy het dit nodig.
Lynette
ellabritz
Thu, 11/13/2008 - 23:53
"Toe ek jou boek begin lees het, kon ek nie neer sit nie. Dis is opreg en eerlik geskryf. Jy is 'n sterk en wonderlike mens
CATHRINE
Thu, 11/13/2008 - 13:27
JY IS NOG ALTYD 'N INSPIRASIE VIR ALMAL. ALTYD STRALEND EN VROLIK. EK WAS 'N KLEIN DOGTERTJIE TOE EK JOU VIR DIE EERSTE KEER GESIEN HET. EK HET MY VERKYK AAN JOU AS MENSWEES. PRAGTIG, EN ALTYD DIESELFDE. NOOIT HET ONS GEWEET WAT DIEP BINNE IN JOU LEWE AANGAAN NIE. KNAP GEDAAN,JY BEHOORT BAIE LEKKER TE VOEL EN SOOS ALTYD KOP HOOG TE LOOP. DANKIE VIR JOU BYDRAE OOR DIE JARE...!
Kommentaar deur Sonja Herholdt Dankie Cathrine, Ja ons almal loop maar 'n pad in die lewe. . . Ek waardeer jou mooi woorde.
Rita Schoeman
Thu, 11/13/2008 - 10:15
Ek dink ons is verlangs familie, of miskien nie eens so verlangs nie. My nooiensvan is Herholdt. En altyd as ek my van moes spel, dan vra mense vir my "soos Sonja Herholdt se van". Dan se ek "Ja, dis my niggie".
Dit het altyd gewerk... ha ha
Kommentaar deur Sonja Herholdt Hi Rita, "Nig". . bly as ek kan help met jou van spel, min mense spel egter my van reg?
Wendy
Thu, 11/13/2008 - 09:10
Vandat ek kan onthou... is ek MAL oor jou.
Jou liedjies, persoonlikheid en vriendelike oop gesig het my al talle kere gelukkig en welkom/warm laat voel. Aangesien ek 'n 69-baby is, doen jy dit al vir 'n geruime tyd!
Dankie Sonja, jy maak 'n verskil in die wêreld.
Wendy
Kommentaar deur Sonja Herholdt Dankie Wendy, mense soos jy maak als die moeite werd.
annemarie
Wed, 11/12/2008 - 14:45
Dierbare Sons, UITEINDELIK - jy het in n SMS met my verjaardag 1/11 genoem van jou nuwe website en ek moet sê ek is uit die veld geslaan.....dankie baie- dis ongelooflik ! Ek m oet kommentaar lewer op Jayge se brief, en Sons jy weet presies waar ek vandaan kom, en van watter tyd af, so het ek met jou kennis gemaak, so het ek Corne en Christo "grootgemaak" op jou musiek, en dis n leeftyd in n mens se lewe wat niemand van jou kan wegneem nie, en ek sê vir jou dankie daarvoor. Jy het al so baie bereik in jou lewe, en is voorwaar n inspirasie vir elke mens hetsy oud of jonk. Dit is vir my as mens wonderlik om jou te ken. Mag die laaste paar weke van 2008 net vir jou die beste inhou, en jou verjaardag op 1/12 mag dit vir jou n wonderlike Goggegewe dag wees, van van Sy liefde en genade. Lief jou baie, en die Kaap is leeg sonder jou.
Annemarie
Kommentaar deur Sonja Herholdt Annemarie, dankie vir jou mooi terugvoer. Waardeer jou!
coenie1
Wed, 11/12/2008 - 13:59
Hi Sonja, baie geluk met die nuwe baadjie. Dit pas jou 100%. Doen so voort.
Liefies
Coenie
Kommentaar deur Sonja Herholdt Coenie, dankie ek voel tuis in hierdie baadjie.
Hugo
Tue, 11/11/2008 - 11:46
Liefste Sonja
Wow! - Jou nuwe website is besonders. Ek het die aangehegte e-pos van Jayge gelees en was nogal diep geraak deur die inhoud daarvan. Ek lees jou vertoning by "Legends" was fantasties. Hoop dit gaan goed - ons praat vinnig.
Liede/groete (Wouter - van die Kaap)
Kommentaar deur Sonja Herholdt Dankie Wouter, Legends was baie spesiaal. Dit is altyd lekker om voor 'n waarderende gehoor op te tree.
Jaygé
Mon, 11/10/2008 - 23:24
Hi Sonja,
Ek hoop van harte dat jy hierdie boodskap sal lees. Ek is nou 19jaar oud en ek het grootgeword met jou musiek om my ore. My ma het my net nie 'n blaaskans gegun van die meisie van Nigel nie. Later jare het ek haar weer mal gemaak met 'n ou pienk langspeelplaat. Dit was jou grootste treffers plaat gewees, en ek het dit nog steeds. Nadat jy jou musiek begin "verander" het en ek die musiek video van winkel poppe gesien het, het ek ophou luister. Ek het net bly leef in jou ou treffers. Dit was vir my bekend, en dis waarin ek myself kon toevou. Ek wou nie hê jy moet verander nie. Die herhinderinge wat jou ouer liedjies gebring het was vir my net te kosbaar.
Na maande se wik en weeg het ek uiteindelik besluit om jou biografie te koop. Ek wou dit van die begin af hê, maar iets het net altyd voorgeval. Iets anders wat ek wou hê of iets anders wat aandag nodig gehad het. Tog is ek nou oneindig spyt dat ek nou eers die moeite gedoen het om dit te koop. Ek moes dit al lankal gekoop het, dit was alles wat ek op hierdie stadium in my lewe nodig gehad het.
Jy is voorwaar 'n inspirasie vir elke mens, nie net vir vroue nie. Ek het jou boek binne twee dae gelees. Ek kon dit eenvoudig net nie neersit nie. Elke woord het ek ingeslurp en in my geheue in gebrand. Jy was nie perfek soos wat ek jou al die jare gesien het nie, jy was en is 'n mens uit volle reg. 'n Ware vrou. Iemand na wie almal kan opkyk.
Na ek jou boek gelees het het ek jou Reconstructing Alice cd wat iemand so twee jaar vantevore as 'n geskenk vir my gegee het geluister. Ek het dit in twee jaar se tyd nie een maal geluister nie. Ek voel nou so skaam daaroor. Hierdie keer het ek gaan sit en dieper geluister as net die melodieë. Ek het gaan luister na die woorde en na die sielvolle manier waarop jy die liedjies sing. Ek kon nie met een fout vind nie. Jy het in sekere van die liedjies presies gesing oor dit wat ek voel en ervaar. Veral Vertigo en From David's Diary het my baie diep getref.
Ek het intussen beide die boek en cd vir my ma gegee om te lees en luister en ook sy kan nie daaroor uitgepraat raak nie. Ons beveel jou boek vir almal aan en al my vriende wil net winkel toe hardloop vir jou boek.
Mense misgis hulle, Sonja Herholdt sing nie vir die ouer gehoor nie. Sy sing vir elkeen wat bereid is om te luister. Wat wil weet hoe dit is om mens te wees.
Voor jou boek het my drome om 'n skrywer en sanger te wees gaan lê. My drome was verby. Ek het nie gedink ek sou dit ooit in my lewe regkry nie, maar jy het my laat opstaan. Ek het ewe skielik weer jy kleinseuntjie droom terug. My droom dat ek saam met Sonja Herholdt op die verhoog gaan staan en 'n duet saam met haar sing wat ek self geskryf het. Ek droom dit nou meer as ooit tevore en ek weet my wens sal nog waar word.
Sonja, baie dankie wat jy vir my beteken. Ek dink nie jy besef hoe groot impak jy op my lewe gehad het nie. EK het besef dat 'n loopbaan nie in my skoot gaan val nie en dat ek sal moet veg vir wat ek in die lewe wil hê. Vandat ek dit besef het begin alles vir my uitwerk. Dit gebeur dalk stadig, maar dit gebeur wel.
Weereens baie dankie vir alles en neem gerus weer 'n album op met die tipe liedjies soos op "Alice". Ek sal die eerste een wees om dit te koop en aan al my vriende te bemark.
Duisend dankies, en mooi bly!
Jaygé
P.S.: Geniet gerus wat jy doen, want jy doen dit beter as wat enige iemand kan. "Jy slaan 'n vuishou vir vrouwees... ek bedoel menswees!"
Kommentaar deur Sonja Herholdt Beste Jaygé, dankie vir jou besondere inspirerende terugvoer. Ek sal in 'n volgende nuus artikel kommentaar lewer op jou skrywe.
tinusj
Mon, 11/10/2008 - 02:49
WHAT A NICE AND FRIENDLY, HEART-WARMTH site ....
Geluk julle.
Baie liefde hier uit New Zealand ..
Mis Julle
Tinus
Kommentaar deur Sonja Herholdt Dankie Mr T
Neeltjie
Sat, 11/08/2008 - 08:54
Sonja dit lyk baie goed! Ook al die foto's is regtig pragtig! Jy lyk ongelooflik goed! En wat vir my wonderlik is is dat dit lyk of jy goed doen met jou program en baie mense raak op die regte, eerlike, liefdevolle Sonja manier! Mooi so! Doen so voort! Ek wens jou baie seen en vreude toe! Lekker Kersfees hou en onthou om te rus!!!!!!!
Neeltjie Bower'+'degraaff@'+'it.'+'bw'+'');
//-->
Kommentaar deur Sonja Herholdt Dankie Neeltjie, geseënde kersfees vir julle ook.
christa
Fri, 11/07/2008 - 17:51
Sons,
Jou nuwe webwerf is pragtig, wat 'n manier om die jaar mee af te sluit!!!! Ons hier in Oudtshoorn verlang na jou , wanneer kom wys jy weer oe?
Liefdegroete
Christa en Mia
Kommentaar deur Sonja Herholdt Dankie Christa & Mia, ek is einde Maart 09 weer in julle omgewing. Sal laat weet as ek dalk in Oudtshoorn stop.
magda
Fri, 11/07/2008 - 12:54
Hallo Sonja
Jy is 'n groot inspirasie in my lewe. Baie geluk met jou nuwe webtuiste, dis ongelooflik besonders. Jy is van binne en uiterlik besonders pragtig. Ek bewonder jou al van kleins af. Wanneer het jy weer 'n optrede in Kaapstad? Sterkte met jou loopbaan.
Groete
Magda
Kommentaar deur Sonja Herholdt Beste Magda, dankie vir jou kommentaar, ek is weer Junie 2009 in Kaapstad. Hou gerus die web dop.
mpienaar
Tue, 11/04/2008 - 20:07
Hallo Sonja,
Die nuwe website is baie besonders. Baie geluk! Jy's nog altyd 'n groot inspirasie en 'n ongelooflike voorbeeld vir elkeen van ons - baie dankie hiervoor!
Mooi bly!
MARTIN
Kommentaar deur Sonja Herholdt Dankie Martin!
Wouter
Tue, 11/04/2008 - 15:08
Hi Sonja,
Hoekom is ek nie verbaas oor jou baie oulike nuwe website nie? Dis tog vanselfsprekend: Ur the best mam! Dit komplimenteer inderdaad die vele talente, gawes en vermoëns waarmee die Here jou so ryklik in oormaat geseën het. Mag jy altyd 'n bruikbare instrument tot eer van Sy Naam wees.
Seënbede.
Wouter.
Kommentaar deur Sonja Herholdt Dankie Wouter, ja dit is net genade!
Raymond Harry
Mon, 11/03/2008 - 07:18
Dear Sonja
Congratulations on your new very beautiful website. I am glad that you have reintroduced the guestbook.
It was kind of you to include my letter explaining how I have become energised at the end of 2008.
Your fan
Raymond
Kommentaar deur Sonja Herholdt Dear Raymond, thank you for your kind words. I trust that the guestbook will become a place of inspirational feedback